Barto Swiegers het sopas sy debuut enkelsnit, H2Oë vrygestel.

Barto is gefassineer deur die dualiteit van water. Dit is ‘n absolute noodsaaklikheid vir die lewe, maar val in en jy kan verdrink. Baie soos die Liefde. So gefassineer is hy dat H2O op sy arm getatoeëer is. Barto se emosiewekkende stem versterk die romantiese sentiment. Sal hy in haar oë verdrink of sal hy ‘n rede vind om te lewe? Seker ‘n bietjie van albei.

Die opbouende volksmusiek met ‘n tradisionele Boere-tint sal sekerlik die tienerpols aan die gang kry. Hierdie ode aan die kompleksiteite van liefde is ‘n Sokkie smash wat wag om te gebeur.

Kyk die musiekvideo hier:

H2Oë is vervaardig deur Muse Studios.

H2Oë is beskikbaar op alle digitale platforms.

Open in Spotify

Leave a Reply

error: Content is protected !!