Hierdie week op die Kraakvars Top 40.
Angie oeh se Sex in Afrikaans klim al die pad na No 1. Dit is die liedjie se eerste volledige week van observasie.
Prop maak sy debuut op die trefferlys met sy nuwe enkelsnit Kwaaijie op No 2. Jacques & Liezel se Moving On maak hulle debuut op No 3. Hugh Lynn se Hand Om Die Lyf begin op No 4.
Storielyn van Chris Duvenage (feat. Afrikaans Wil Dans) begin op No 5.
Hey Sonneblom van Droomsindroom is op No 6, die liedjie het onlangs 14 weke op No 1 gespandeer. Witblits van Eloff is op No 7. Tussen Die Lyne van Jan Blohm & Ryno Velvet is op No 8.
Bjarne het twee liedjies in die Top 10m Lyfstraf op No 9 saam met Snacci en Sexy Selfies op No 10.
Nuwe liedjies op die res van die trefferlys:
- Spoke van Anja op No 16
- Moffies van EDO op No 20
- Winterkaap van Esme & Steyn op No 23
- Vakansie van lilJayy x op No 27
- Ry of Bly van Mionette op No 38
Sien die volledige trefferlys hier:
Kraakvars Top 40 - 5 Augustus 2022
No | Liedjie | Kunstenaar | Weke op Trefferlys | Hoogste Posisie | Verlede Week |
1 | Sex in Afrikaans | Angie oeh | 2 | 1 | 17 |
2 | Kwaaitjie | Prop | 1 | 2 | N |
3 | Moving On | Jacques & Liezel | 1 | 3 | N |
4 | Hand Om Die Lyf | Hugh Lynn | 1 | 4 | N |
5 | Storielyn | Chris Duvenage (feat Afrikaans Wil Dans) | 1 | 5 | N |
6 | Hey Sonneblom | Droomsindroom | 14 | 1 | 3 |
7 | Witblits | Eloff | 2 | 4 | 4 |
8 | Tussen Die Lyne | Jan Blohm & Ryno Velvet | 2 | 5 | 5 |
9 | Lyfstraf | Bjarne X Snacci | 7 | 2 | 7 |
10 | Sexy Selfie | Bjarne Songs | 3 | 2 | 6 |
11 | Skobbejak | Reen (feat. Refentse) | 2 | 10 | 10 |
12 | Bietjie Dronk | Marissa | 3 | 4 | 12 |
13 | Insomnia | Brendan Peyper | 2 | 8 | 8 |
14 | My Blom | John Rock Prophet | 22 | 1 | 11 |
15 | Vergeet | Spoegwolf | 2 | 13 | 13 |
16 | Spoke | Anja | 1 | 16 | N |
17 | Lief | Karlien van Jaarsveld & Jacob Swann | 2 | 15 | 15 |
18 | Nie Jou X Nie | Bernice West | 2 | 16 | 16 |
19 | Niks Verander Die Liefde Nie | Gian Groen | 4 | 5 | 26 |
20 | Moffies | EDO | 1 | 20 | N |
21 | Dankie | Herman Kleinhans | 67 | 1 | 18 |
22 | Jy Verdoesel My | Herman Kleinhans | 2 | 2 | 2 |
23 | Winterkaap | Esme & Steyn | 1 | 23 | N |
24 | Die Lewe Is Te Kort | Dagbreek | 6 | 2 | R |
25 | Perspektief | Vrede | 3 | 1 | 1 |
26 | Kind van die Wind | Rooksein | 2 | 14 | 14 |
27 | Vakansie | lilJayy x | 1 | 27 | N |
28 | Vergaan | Tasha | 8 | 6 | 19 |
29 | Brannewynlippe | Wikus Botma | 42 | 1 | 21 |
30 | Iemand help my | Bjarne (feat Snacci) | 54 | 2 | 22 |
31 | Stoute Boude | Kevboii (feat Charlie Bees) | 47 | 1 | 20 |
32 | Kaalvoetliefde | Marissa | 27 | 1 | 23 |
33 | Elmboog Na Bo | Jan Rhaap | 77 | 1 | 24 |
34 | Hobo-Hallelujah | Rudi Claase | 6 | 10 | 25 |
35 | Hey Jy! | Bloumoord | 8 | 2 | 28 |
36 | Suikerbos | Stefan Jansen | 49 | 1 | 30 |
37 | Sterre | KuierKoors | 27 | 2 | 29 |
38 | Ry of Bly | Mionette | 1 | 38 | N |
39 | Kom Loop | Jan Rhaap | 75 | 5 | 35 |
40 | Vliegtuig | Herman Kleinhans | 82 | 3 | 31 |
Die Kraakvars Top 40 meng ‘n verskeidenheid van faktore om die grootste liedjies elke week saam te stel van ‘n mengsel van opkomende, onafhanklike, en gevestigde kunstenaars. Die data is gebaseer op data wat van YouTube genereer word van amptelike musiekvideos en klank vrystellings. Die trefferlys volg ‘n skedule van Vrydag tot Donderdag.