Andrea - Desembermaan

Na die sukses van haar eerste twee enkelsnit-en musiekvideovrystellings uit haar debuutalbum, sluit Andréa nou die jaar af met haar derde pop-treffer vrystelling, getitel Desembermaan.

In Desembermaan sing Andrea oor ‘n vakansie-liefde wat plaasvind onder die beeldskone desembermaan. Soos die eerste vers van die liedjie ook vertel, dra sy “die son in haar oe” en “die sterre in haar mou” – ‘n simboliek van hoe die perfekte somervakansie ook hand-in-hand kan loop met ‘n nuwe liefde.

Andréa het haar debuutalbum, Tweede Asem in Mei landswyd vrygestel. Die album bestaan uit twaalf snitte wat almal by Muse Studios, Hugo Ludik (van ADAM) se opname-ateljee in Randburg, opgeneem en vervaardig is. Twee snitte op die album, Tweede Asem en Wie Ek Is is ook by die ateljee geskryf, waar die res van die snitlys deur die talentvolle William Wolf geskryf is. Die vrystelling, Desembermaan asook Andrea se vorige vrystelling, Wat Ek Wil Hê, val ook onder die lys van snitte uit William se pen.

Desembermaan kan beskryf word as ‘n ligte treffer wat luisteraars twee keer sal laat dink oor hul begeertes in hul lewe en wat – of wie – hul eintlik graag op hul lewenspad wil he. Dit is ‘n snit wat die skoonheid van alles wat liefde behels beklemtoon, ‘n liriese romanse onder die dowwe lig van die maan – die desembermaan, natuurlik.

Andréa hoop dus om met Desembermaan aanklank te vind by ‘n gehoor wat die betekenis agter die lied ook op hulle eie lewens sal kan toepas.

Andréa sou graag wil he dat daar ‘n balans tussen haar musiek en besigheidsloopbaan moet wees, en dat sy steeds albei ten volle sal kan uitleef. Alhoewel musiek ‘n prioriteit vir haar sal bly, is sy gelyktydig ook besig met ‘n nuwe hoofstuk in haar lewe, gegrond in haar graad in besigheidsbestuur en bemarking. Sy het onlangs ‘n pos aanvaar in Centurion en werk tans ook voltyds daar. Sy vertel dat sy wel nog wag om te sien waarheen sy geneem sal word in verband met hierdie nuwe onderneming in haar lewe.

Desembermaan word ook begely deur ‘n sprokiesagtige musiekvideo, verfilm deur Gerduan Kemp Photo & Film. Die video is verfilm by Lavender SA, wat die lokaal ook geborg het. Die unieke skoonheid van die lokaal en die talle laventelbossies wat te sien is het dus ook gesorg vir ‘n pragtige en diverse agtergrond, terwyl Andrea in ‘n lang, pers rok in die voorgrond te sien is. Die musiekvideo kan op Andrea se sosiale media profiele, asook op haar YouTube-kanaal gevind word.

Kyk die musiekvideo hier:

Desembermaan is nou op alle digitale stroomplatforms beskikbaar, en die musiekvideo kan ook op al Andréa se sosiale media te sien.

Leave a Reply

error: Content is protected !!