Talana Vuren-Kuhn se tweede dogter is sopas gebore. Die nuwe dogter se naam is Mia Kuhn en sy het ’n gesonde 2.88kg geweeg.

Talana het op sosiale media haar nuus gedeel dat Mia gebore is, met ‘n foto van die pragtige dogtertjie wat Talana se vinger vashou. Op foto kan ons ook meer details sien soos dat Mia gebore is op 19 Desember 2022 en dat sy 05:33nm gebore is.

Talana se pasgebore dogter Mia. Foto: Facebook

Honderde mense het Talana en haar man, Walter geluk gewens met die geboorte van Mia.

Estelle van Lingen skryf: So baie bly vir julle Talana!!! Baie geluk!!! Die HERE se seën oor julle 4kies!!!🙏🙏🙏🙏❤😍🤗!”

“Baie, baie geluk Walter, Talana en Olivia met jul bondeltjie liefde. Ons bid die Here seën oor julle, mag Mia vir julle tonne vreugde bring 🌸🌸🌸🌸🌸” – Linda van Vreden

Dié sangeres, besigheidsvrou en nou-huisvrou verskyn tans in die realiteit program Die Real Housewives of Pretoria. En het vroeër die jaar ‘n nuwe enkelsnit vrygestel, Onvoorwaardelik Ek. Die enkelsnit vertel ‘n storie van ongeduld en onsekerheid wat eindelik kan lei na ‘n lewe vol vreugde, waar mens behoorlik kan blom waar jy geplant is – waar mens onvoorwaardelik jouself kan wees.

Baie geluk met die geboorte van Mia, Talana en Walter, mag sy net vreugde vir julle bring!

Leave a Reply

error: Content is protected !!