Onrus 2019 is sanger en liedjieskrywer Corné Opperman se nuutste enkelsnit wat vrygestel is onder die musiekgroep Kinders Vannie Suburbs. Die snit is geskryf en opgeneem tydens die grendel periode. Dit nadat Corné se wêreld soos baie ander kunstenaars inmekaargestort het na al hul optredes een na die ander gekanselleer is.
Die snit is ‘n avontuur lied en vertel die verhaal van Corné se matriek vakansie in Desember 2019 in Onrus. Die lied vertel die verhaal van wat daarin in Onrus gebeur het. Terwyl die eerste vers vertel dat Corné nie veel kan onthou van hul tyd in Onrus nie, vertel die tweede vers die wat hy wel kan onthou en die gebeure daar wat aksie belaai was.
Onrus 2019 is in ‘n donker tyd vir Corné geskryf en dit was sy manier om homself te maak onthou dat alhoewel die tye miskien nou donker is, daar altyd goeie herinneringe is om hom aan die gang te hou.
“Ek gebruik musiek as ‘n manier om die wêreld in die oë te kyk.” Vertel Corné. Hy vertel op skool het hy nie baie vriende gehad nie en was hy as vreemd bestempel, nie dat dit hom veel gepla het nie.
Corné is ‘n eerste jaar BCOM Digitale Bemarking student aan die Prestige Academy in Bellville.
In 2018 het sanger en liedjieskrywer, Corné Opperman, die jaar van alle projekte afgevat en besluit om net op homself en sy musiek te fokus. In daardie jaar het baie dinge gebeur. Corné het al sy ervaringe gebruik om sy eie album te skryf en voltooi in dieselfde jaar. Na daardie jaar het Corné besluit om hierdie projek, Kinders Vannie Suburbs, te begin. ‘n Projek wat met session musikante sal aangedurf word. Die klanke van die band is Grunge, Alt Rock en Punk Rock op ‘n onperfekte manier.
Onrus 2019 is beskikbaar op alle digitale platforms.
Sosiale Media: Facebook | Instagram
