Zander van Wyk het in 2022 reeds 3 van sy oorspronklike enkelsnitte vry gestel.
Die talentvolle jong man van die Vaaldriehoek het omtrent ‘n manier met woorde en lirieke, en is opgewonde om sy 4de snit vir die jaar vry te stel.
Beskryf Zander beskryf die woorde van Boeremeisie vir hom beteken op ‘n soortgelyke manier.
“Daar is in elke meisie of vrou tog ‘n bietjie boer. Boere kyk na ons nasie, en net so kyk ons vrouens na ons mans. Hulle is daardie 1% wat tog so skaars is, en ons waarlik kom vol en heel maak. Ons kan alles hê en ‘n sterk “9” wees, maar sonder daardie “1” sal ons altyd iets kort.” sê Zander.
Boeremeisie beloof om die voete te laat jeuk en die boude te laat swaai op die dansvloer hierdie Desember vakansie.
Boeremeisie is nou beskikbaar op alle digitale platforms.