Wikus Botma

Wikus Botma het sopas sy derde enkelsnit, Blou vrygestel.

Blou ontsluit daardie eerste-keer-stadige-dans-met-jou-liefling-by-‘n-garage-partytjie-energie.

Botma het ‘n platekontrak geteken by Platinum Musiek wat deur Afrikaanse musiek ikoon Kosie van Niekerk gestig is saam met Select Musiek.

Wikus Botma het faam bereik met sy eerste enkelsnit Brannewynlippe – ‘n lighartige Afrikaanse goedvoel-liedjie wat die Top 20 Afrikaanse musiektrefferlyste ingeskiet het. Nou begin Wikus om sy veelsydigheid te wys met Blou , ‘n ongelooflike kragballade. Net betyds vir romantiese winterkaggelaande. Blou is selfversekerd en meesterlik vervaardig.

Blou is beskikbaar op alle digitale platforms.

Open in Spotify

Leave a Reply

error: Content is protected !!