Tussen boer, bier brou en koffie rooster is daar altyd tyd vir musiek maak in ʼn verlate dorp. Die ideë van Vriende van Gert het begin in Nieu-Bethesda waar multi-instrumentalis Chappy Strydom by sy huis begin musiek skryf en opneem het.
Met Chappy se verhuising na Port Elizabeth in laat 2018 vind hy homself in ‘n plek omring met musikante en vinnig-vinnig bou hy ʼn reputasie as dié bass-speler onder die “cover bands” van die stad en word gereeld genooi as instaan-musikant.
Soos die noodlot dit mag hê word Chappy, Andrei en Wesley gehuur as instaan-musikante vir dieselfde groep waar die drie ontmoet en bevriend raak. Beïndruk met mekaar se talent en chemie sal Chappy hulle vertel van sy denkbeeldige band wat tot dan nog net projek lêers op sy rekenaar was.
Gefassineer met die musiek wat Chappy vir hulle speel in die kar tussen repetisies sal die drie besluit om te belê in die groep en te begin werk om die VVG klank verder te ontwikkel. Gou het die soektog na ‘n bass/klawer speler begin. Na ʼn paar oorwegings het hulle vir Adriaan Joubert gevind om die kwartet te voltooi net in tyd vir hulle afspraak by Motive Sound Mine in Despatch. Waar hulle sou begin werk aan hulle debuut musiek.
Vriende van Gert is ‘n musiek groep van Nelson Mandela Bay area wie se klank kan beskou word as ‘n kombinasie van Country, Rock en Pop. Die groep bestaan uit Andrei Vermaak (Sang), Chappy Strydom (Kitaar en Klawer), Adriaan Joubert (Bass en Klawer), en Wesley Axcell (Tromme).

Met inspirasie van storie-vertellers soos Bruce Springsteen, Johnny Cash, Johnny Clegg en Koos Kombuis met die bloudruk van The Beatles, U2 en Queen in die ruggraat en met tye angstig soos Nirvana en Fokofpolisiekar. Die “90’s kids” het met alle musiek groot geword.
Op Julle Merke is beskikbaar op alle digitale platforms.
Sosiale Media: Facebook | Instagram