Voorwaardes en Bepalings:
- Die reëls en inligting op hierdie kompetisie blad maak deel uit van die voorwaardes en bepalings vir deelname en inskrywing.
- Deelname aan die kompetisie impliseer aanvaarding van alle bepalings, reëls en voorwaardes van die kompetisie.
- Geen persoon wat by Reputasie of enige van sy instansies werksaam is, sal toegelaat word om aan die kompetisie deel te neem nie.
- Reputasie behou die reg voor om ʼn onderhoud met die wenners te voer, foto’s te neem en dit te publiseer. Die pryswenner sal in op Reputasie se Facebook-blad en op https://reputasie.co.za aangekondig en gepubliseer word.
- Deelname aan hierdie kompetisie veronderstel toestemming om deur Reputasie gekontak te word.
- Alle deelnemers vrywaar Reputasie teen enige skade en/of koste voortspruitend uit eise wat ’n deelnemer het of opdoen deur deelname aan die kompetisie.
- Slegs een inskrywing per persoon sal aanvaar word.
- Indien Reputasie nie daarin slaag om die wenner binne vyf werkdae per e-pos of telefonies te kontak nie, sal ʼn ander wenner aangewys word.
- Die wenner sal op 31 Augustus 2022 aangewys word.
- Reputasie en sy vennote is nie aanspreeklik vir enige tegniese fout wat daartoe kan lei dat ’n inskrywing nie suksesvol ingedien word nie.
- Fotosessie kan slegs in Pretoria plaasvind
- Prys is nie uitruilbaar vir kontant nie.