Na die suksesvolle uitrol van hulle PREDIKER album in 2023, is Lourens en Esté RAAF terug met ‘n baie unieke en roerende enkelsnit. Dit handel, heel gepas vir hierdie maand van liefde, oor die kern van ‘n verhouding.

Met hulle eindelose energie, briljante vermenging van styl en fantastiese lirieke het hulle gehore regoor Suid-Afrika al sprakeloos gelaat. Vir Altyd Ek En Jy vier ook hierdie kenmerkende klank van RAAF. Van die melodie wat beslis ‘n oorwurm raak, die ritme wat soos ‘n hartklop regdeur die lied aanhou, tot die roerende lirieke wat spreek van volwasse en ervare liriek skrywers, beloof die snit om Suid-Afrikaanse en Afrikaanse gehore regoor die wêreld te bekoor.

Dit spreek ook van RAAF se voortgesette evolusie as musikante en skrywers en beklemtoon hul status as ‘n dryfkrag in die Suid-Afrikaanse musiek bedryf.

Vir Altyd Ek En Jy is geïnspireer deur ‘n paartjie wat Lourens en Esté ontmoet het. “Ons is gevra om by een van hulle verjaardag partytjies op te tree. Op die aand het hulle gedans op ons liedjie ‘Ek Wou Nog’ en iets van daardie oomblik het ons só diep geraak. Ons het hulle
daar beter leer ken en na afloop was hulle en hulle vriende al by heelwat van ons optredes waar ons na die tyd saam tyd sou spandeer “, vertel Lourens.

“Hulle storie en liefdesverhaal is vir ons aangrypend mooi. Met hulle twee in gedagte het ons hierdie lied aanmekaar begin weef en vinnig besef dat dit iets universeel van die liefde en ‘n diepe langtermyn verhouding vasvang… Die koor se woorde is ‘n verwerking van ‘n halfklaar gedig wat ek nog heeltyd geweet het vir iets besonders lewe sal kry en dis toe vir presies hierdie – vir hulle twee. Soms sien ‘n mens hoe twee individue met mekaar omgaan en jy dink ‘ons moet meer so probeer wees’. Ons hart agter hierdie lied is om ons te herinner dat dit lewensveranderend inspirerend kan wees om liefde op so ‘n diep vlak soos die twee spesiale mense s’n te beleef en dat ons moet aanhou streef na daardie egtheid”, voeg Esté by

Leave a Reply

error: Content is protected !!