Met Van West se heel eerste vuurwarm enkelsnit Vuur En Vlam, skop hy af met ‘n jol van sy opkomende musiek projekte. Jy kan verseker wees om ‘n plesierige tyd te hê, met jou vleisie op die kole, jou geliefde aan jou sy, en ‘n speaker wat Vuur En Vlam lekker hard speel.
Van West ook bekend as die “Ouboet” van die musikale West familie, is ‘n Suid Afrikaanse musikant, liedjie skrywer, en jong gedrewe sakeman. Hy is afkomstig van die klein dorpie Swartruggens, Noord Wes Provinsie, en woon tans in Johannesburg. Van West is bekend vir sy ambisie, om met die vlambare liedjies wat hy skryf, ‘n verskil te maak, wat wyd en suid strek, deur grens verskuiwende musiek produksies in die Afrikaanse pop-rock musiek genre, met ‘n karaktervolle stem.
Van jongs af droom Van West om eendag voltyds musiek te maak aangesien dit sy passie is, maar dit het tyd gevat om dit ‘n werklikheid te kon maak. Hy verstaan vandag eers dat die Here ‘n groter plan ingedagte gehad het en hom eers moes voorberei. Vir die laaste 10 jaar van sy lewe het hy ‘n pad gestap, waar sy kennis van die besigheidswêreld gegroei het en sy sake vermoëns en vaardighede ontwikkel het, soveel so, dat hy vandag ‘n groter verskil kan maak in die mense se lewens met wie hy ‘n pad stap. Hy het ‘n droom om hulle ook te bemagtig, om hul eie drome, ook te kan uitleef. “Ek is geseënd om uiteindelik in 2021 my voltydse musiek loopbaan te kon begin. En hier is ons nou, een jaar verder, en als het uiteindelik afgeskop! Van West is nie net een man nie, ek wil graag terugsaai in almal se lewens wat saam met my die pad stap, en hulle ook help om hulle begeertes te bereik.” – verduidelik West.
Hy glo in betekenisvolle musiek en maak seker om deur sy skryf styl sterk boodskappe oor te dra, wat gebaseer is op onderwerpe soos, vergifnis en geloof, asook sy gunsteling, liefde en hoop. “As ek kon het ek albums en albums vol geskryf alleenlik oor liefde, omdat dit so mooi is, maar ons lewe in ‘n wêreld waar ware liefde skaars is as gevolg van die tekort aan vergifnis, geloof en hoop” – so verduidelik Van West.
Kyk die musiekvideo hier:
Hy geniet dit om homself in die Afrikaanse musiek bedryf uit te leef en sien dit as ‘n opwindende uitdaging om deur musiek produksie, liedjies so te bou dat almal daarvan kan hou – van die ervaringryke ouer garde tot die moderne jong mens. Hy noem ook dat uit sy opkomende album en huidige projek daar ‘n lied sal wees vir elke Afrikaner, oud en jonk, om betekenis by te vind en te kan geniet.
Een ding is duidelik, hierdie man het ‘n visie gepaard met dryf, omdat hy weet waar sy krag vandaan kom. Kyk uit na sy volgende vertoning naby jou, want jy is in vir ‘n ding.
Vuur En Vlam is beskikbaar op alle digitale platforms as ook op die Afrikaanse Treffers Top 100 speellys op Spotify.
