’n Nuwe era het aangebreek vir die luukse Mauritiaanse hotelgroep, Sun Resorts, wat onlangs sy handelsmerk vernuwe het met ’n splinternuwe naam, Sunlife. Die groep, wat spog met vier luukse oorde sowel as ’n bekroonde gholfklub, het sy hele portefeulje hersien.

Die vernuwing van die handelsmerk sluit nie net ’n nuwe naam in nie, maar ook ’n nuwe filosofie, wat voortbou op die handelsmerk se geskiedenis en nalatenskap van meer as 45 jaar. Die nuwe handelsmerk erken veral die belangrikheid van die maatskappy se geskiedenis en kliëntedienskultuur, met die nuut bygevoegde “son”-element wat hierdie gevestigde, betroubare handelsmerk se nuwe energie en fokus verteenwoordig.

Francois Eynaud, Sunlife se uitvoerende hoof, sê: “Ek is uiters trots om Sunlife bekend te stel, ’n handelsmerk wat na die toekoms kyk, wat ’n lewe in die son vier – ’n lewe wat geniet word met die inherente betowering van ons pragtige eiland. Met hierdie vernuwing is ons doel om die Mauritiaanse kultuur saam met elkeen van ons hotelle se unieke identiteit te vier”.

Sunlife het baanbrekerswerk vir luukse toerisme in Mauritius gedoen met die opening van sy eerste hotel, La Pirogue, in 1976. Sedertdien het die bekende hotelgroep ’n reputasie opgebou as een van die voorste gasvryheidshandelsmerke in Mauritius en die Indiese Oseaan. In ooreenstemming hiermee sluit die vernuwing van die handelsmerk ook die bekendstelling van die Come Alive Collection in – ’n reeks unieke ervarings in elke oord wat gaste kan geniet.

Daarbenewens het die groep, buiten vir ’n nuwe logo, die krag van tegnologie gebruik om ’n splinternuwe webwerf te ontwerp, asook ’n in-oord-toepassing om gaste toe te rus met ’n moeitelose proses, van bespreking regdeur tot by die unieke ervarings wat die oord bied.

“Ons het hard saam met ons vennoot-agentskap, Luxury Branding, gewerk om ’n handelsmerk-geleide transformasie vir ons maatskappy te bemeester. Dit was altyd meer as net ’n konvensionele vernuwingsoefening en meer ’n proses van verandering, wat nuwe lewe in ’n lang gevestigde handelsmerk blaas,” sê Joelle Edwards-Tonks, Sunlife se bemarkingshoof. “Ons is trots om hierdie transformasie te deel en om te sien hoe die Sunlife-handelsmerk groei en tot volle reg kom.”

Die vernuwing van die handelsmerk is ook daarop gefokus om elke sub-handelsmerk in lyn te trek met die Sunlife-filosofie. Die vyfster Sugar Beach, ’n samesmelting van die verlede en hede, is volledig opgeknap en alle kamers en suites spog nou met ’n stylvolle nuwe voorkoms, terwyl restaurante en openbare areas herontwerp is om ’n tikkie weskus-glans tot die algehele prentjie te voeg.

Net so het die vyfster Long Beach, wat die moderne Mauritius verteenwoordig, baat gevind by die opknapping van sy kamers en suites, wat by die tema hou van die algemene ligte en vars gevoel van die oord. Die Tides Restaurant spog ook met ’n nuwe voorkoms.

Die vierster-luukse La Pirogue, wat gaste aanmoedig om Mauritius op ’n eg outentieke manier te ervaar, spog met ’n dorpsgevoel wat die kleure en lewenskragtigheid van die eiland omhels, terwyl die vierster Ambre, wat slegs vir volwassenes is, Mauritiaanse karakter uitstraal en ontvlugting bied.

Net langs die vasteland lê Ile Aux Cerfs, wat slegs per boot of helikopter bereik kan word. Dié eiland is die tuiste van een van die wêreld se mooiste en mees unieke gholfbane en bied ’n holistiese ervaring, waar besoekers hulself kan verdiep in gholf, omring deur sprankelende strande, turkoois-seewater, welige tropiese plantegroei en inheemse natuurlewe.

Die vernuwing van die handelsmerk dien ook om hulle toewyding tot volhoubaarheid te versterk. Sunlife is lid van die Verenigde Nasies se Global Compact en is doelgerig om die VN se doelwitte vir volhoubare ontwikkeling te handhaaf. Hierdie groep se volhoubaarheidsprogram is daartoe verbind om die weg te baan in terme van volhoubare en impakgedrewe reiservarings en om te verseker dat Sunlife se eiendomme volhoubaar en verantwoordelik funksioneer. Die etos agter die program fokus daarop om met vriendelikheid te lei en dieselfde goedhartigheid aan die land, hulpbronne en mense te betoon.

Eynaud sluit af: “Oor die afgelope 45 jaar het ons hard gewerk om ’n luukse toerismebedryf in Mauritius te vestig, ’n gewilde handelsmerk te bou, waardevolle werksgeleenthede te skep en om ’n positiewe inpak op ons omgewing en gemeenskap te hê. Ons het ’n nalatenskap geskep, wat deur baie wonderlike mense gevorm is wat al by ons hotelle gewerk het en by ons vakansie gehou het, asook deur die Mauritiaanse kultuur wat verweef is in alles wat ons doen. Ons is opgewonde daaroor om ’n nuwe era as Sunlife te betree, en sien uit na ons toekoms in Mauritius.”

 Webwerf: www.wlh.co.za

Leave a Reply

error: Content is protected !!