Na ongelooflike terugvoerig en reaksie in net 2 maande na die enkelsnit “Sê Sit Weer” wat Stephan Nel vrygestel het, is daar ’n nuwe een enkelsnit! Hierdie keer, in Engels. 

When The World Crashes Down vertel die storie van Hoop, wat aan ons gegee word! Elkeen van ons het al beleef hoe iets van ons wêreld in duie stort. Die afgelope 2 jaar het die wêreldwyd gebeur en ons elkeen is gelos op ’n plek waar ons nog nooit self was nie.

“As ek terugkyk oor my eie lewe is daar net TWEE dinge wat my staande gehou het; mense en geloof. Ons het elkeen iets beleef van hartseer, alleen wees, nie weet watter kant toe nie. In my eie lewe het ek verskeie kere iets van dit beleef. 

In Stephan se jong dae het hy baie gedroom oor ’n toekoms in musiek, min wetend wat die prys sou wees! Jare later kyk hy terug en besef dit lyk heel anders is wat hy gedroom het. Baie deure, party wawyd oop, ander in sy gesig toegemaak en moes Stephan elke keer die hoop en lewe opnuut kies en aanhou. “Vandag is ek heelwat ouer, en leef my droom nog sterker en groter in my. Ek het wel besef dat ek dit NOOIT in my eie krag kan maak nie, dat dit genade is, onverdiende genade! Hierdie lied gaan oor DÍT!”

Wanneer jy op ’n plek van verlatenheid is en nie weet watter kant toe, kan jy aan die wete vashou;  dat jy is nie alleen is nie. Hierdie woorde kom na elkeen van ons toe, ons moet dit net aanvaar, vertrou en aandagtig na die stem binne in ons luister.

 “I will catch you when you’re falling, I will hear you when you’re calling”

Kyk die musiekvideo hier:

https://www.youtube.com/watch?app=desktop&v=9tbYQGRgAnA

Mag When The World Crashes Down jou opnuut weer vertroue gee, Hoop gee in JOU eie droom, JOU eie toekoms en die mooi wat voor ons elkeen lê.

When The World Crashes Down is beskikbaar op alle digitale platforms. 

Leave a Reply

error: Content is protected !!