Francois van Coke se nuutste musiekvideo, Verlore vanaf sy album Kanniedood is sopas vrygestel.

Kyk die musiekvideo hier:

“Verlore is ‘n boodskap vir my gliefdes. Alles is nie altyd perfek nie. Ons is daar vir mekaar al het dinge verkeerd gegaan in die verlede en sal weer verkeerd gaan in die toekoms. Al is ons verlore, is ons gevind in die geraas.”

Francois van Coke se twee groot passies in die lewe is rock musiek en rugby. Hy het as kind groot drome gehad om ernstige rugby te speel, maar rock musiek het harder geroep.

Francois bring sy twee groot liefdes bymekaar met Rock ‘n’ Rugby;  wanneer die Vodacom Bulls en Leinster mekaar by Loftus Versfeld ontmoet vir hul Vodacom United Rugby Championship groepfase game op Saterdag, 22 April.

Rock ‘n’ Rugby se program skop om 12pm af met voorvertonings deur plaaslike rock groepe Crashcarburn, Zaan Sonnekus, Skelm en Mensdom.

Net na 3pm kan Francois gevolg word vir ‘n staptog na Loftus Versfeld om die kragmeting tussen Die Vodacom Bulls en Leinster te gaan kyk.

Ná die game is daar ‘n staptog terug na Loftus Park waar Francois van Coke en Die Gevaar 7pm die park aan die brand gaan begin speel.

PS: Die kaartjieprys sluit dus toegang tot die rock konsert by Loftus Park, plus die rugby game by Loftus Versfeld in. Bargain!

Kry jou kaartjies hier:

PROGRAM:

  • 11h00: Hekke maak oop
  • 12h00: Mensdom
  • 12h45: Skelm
  • 13h30: Zaan Sonnekus
  • 14h30: Crashcarburn
  • 15h15: Stap na Loftus Versfeld saam met Francois van Coke
  • 16h50: Francois van Coke tree op tydens halftyd
  • 18h20: Stap terug na Loftus Park
  • 19h00: Francois van Coke & Die Gevaar optrede

#rocknrugby 

 

Leave a Reply

error: Content is protected !!