Ricus Nel is koning van Afrikaanse musiek. Hierdie stelling moet nie ligtelik opgevat word nie, Nel is een van die grootste Afrikaanse kunstenaars wat daar is vandag. Sy musiekvideos word elke dag 47 000 keer gekyk en sy YouTube kanaal het ‘n allemintige 25 miljoen kyke. Nel het al agt albums opgeneem met elke album wat ‘n string treffers gehad het, maar dis Nel se album Ouskool – Boerseun wat hom besorg het om koning te word van Afrikaanse musiek.
Nel se pa, Koos Nel, was deel van die musiekgroep Die Harmonie-dansorkes en met sy ma wat saamgegaan het na die optredes met Nel het hom blootstelling aan musiek gegee op ‘n jong ouderdom. Nel het op vierjarige ouderdom al dromme speel het kan vandag ‘n totaal van 13 instrumente speel met geen formele opleiding, wys hierdie op Nel se talent.
Na Nel gematrikuleer het in 1998, het hy in kroeë gespeel tot hy sy voete in die formele musiekbedryf gekry het as lid van Dozi se orkes. Hierna het hy in verskeie groot kunstenaars se opvoerings, produksies en TV-reekse.
Nel het sy eerste solo-album, Sak en Pak in 2011 vrygestel, die album het goue status bereik. Sy tweede album Sout van die Aarde is in 2013 vrygestel en is gevolg deur Ricus Nel sing Don Williams en ander country legendes in 2014 wat ook goue status bereik het.
In 2016 stel Nel sy album Ouskool – Boerseun bekend met die treffer Hardekole wat hy saam Adam Tas, Bok van Blerk en Refentse Morake sing wat Nel ‘n huishoudelike naam gemaak het. Hardekole wat binne 9 maande, een miljoen kyke op YouTube bereik het, sou drie jaar en 9 maande die musiek video die 10 miljoen kyk kerf verbysteek en die eerste Afrikaanse musiek video word wat hierdie mylpaal gereik het.
As Hardekole nie bewys het dat Nel bestem was om koning van Afrikaanse musiek te word het, het sy eerste enkelsnit van sy 2019 album Pure Plaas dit bevestig. Boerepompie wat saam met Snotkop opgeneem is, is in Junie 2019 vrygestel. Nel het met die vrystelling van die snit beskryf as “’n Boerepomp is ‘n ou tradisionele konsertina was ons voorvaders bespeel het en ons doen dit nou nog”. In ‘n onderhoud met Maroela Media vertel Nel: “Ek het 18 maande lank met hom binne-in my rondgeloop, maar tog ‘n goeie gevoel oor die liedjie gehad. Na Hardekole, was net so ‘n groot sukses was, sou ek weer so iets goeds doen en uit die aard van die saak wou ek getrou aan myself bly, maar ook nie weer net ‘n duplikaat van die lied maak nie. Dit is hoekom ek so lank gewag het, maar ek het geweet ek wil dit saam met Snotkop doen.”
Boerepompie het al oor die 8.2 miljoen kyke op YouTube, en het die liedjie wat almal in 2019 en 2020 saam sing. Die snit wat slegs 13 maande al uit is, is oppad om Hardekole van die troon af te skop as die mees gekykste Afrikaanse musiek video.
Hier is Nel se populêrste musiekvideos op YouTube:
- Hardekole – 10.9 miljoen – 14 Junie 2016
- Boerepompie – 8.2 miljoen – 13 Junie 2019
- Bokkies Jag – 2.2 miljoen – 16 Oktober 2019
- I Recall a Gypsy Woman – 1.5 miljoen – 7 Desember 2018
- Boesmanland – 1 miljoen – 9 Oktober 2017
Hier is ‘n lys van Ricus Nel se albums:
- Sak en Pak – 5 September 2011
- ‘n Spesiale Aand met Ricus Nel – 15 November 2013
- Sout van die Aarde – 18 Februarie 2014
- Ricus Nel sing Don Williams – 12 September 2014
- Ouskool – Boerseun – 10 Junie 2016
- Sinkplaat Sessies – 25 Augustus 2017
- Bring Hulde Aan Worsie Visser – 22 September 2017
- Pure Plaas – 12 Julie 2019
Moet soveel talente, vele goue status albums, weghol treffers en die Afrikaanse musiekvideo met die meeste kyke, kan ons met ‘n geruste hart sê Ricus Nel is koning van Afrikaanse musiek.