Die jong, opkomende sanger Renaldo, is so geïnspireer deur die Amerikaanse country-snit Something in the Orange dat hy besluit het om ook die liedjie op te neem en as ‘n enkelsnit uit te reik.

Something in the Orange is deur Zach Bryan geskryf en oorspronklik deur dié country-ster uitgevoer.

Die country-treffer gaan oor ‘n persoon wat nog hoop het op die liefde, maar die ander persoon het eintlik al lankal uit die prentjie verdwyn.

Renaldo sê hy vind aanklank by die manier waarop die storie in die liedjie vertel word.

“Die manier hoe die instrumente en die woorde so mooi pas bymekaar en ‘n storie vertel is wat ‘n mens laat klou aan hierdie liedjie,” sê die sanger wat onlangs in die toptien van die gewilde sangkompetisie Die Kontrak geëindig het.

Die musiekvideo is vervaardig deur Brits Films wat vir Renaldo ‘n sielvolle weergawe van Something in the Orange geskep het .

Die tema is spesifiek gekies omdat die lirieke gaan oor verlore liefde. “Die persoon voel so ‘n bietjie in die donker, maar die persoon het nog hoop”, verduidelik Renaldo.

Renaldo het vroëer vanjaar n Afri-Indie Toekenning ontvang vir beste pop single en is ook aangewys as die nuweling van die jaar! Hy is ook benoem vir n Aitsa- toekenning.

Daarby was hy ook die wenner van die Afrikaans op die platteland sang-kompetiesie en kon die verhoog deel met ander groot kunstenaars!

Meer oor die kunstenaar:

Renaldo is oorspronklik van Secunda afkomstig maar woon tans in Centurion.m Renaldo sing al van kleins af , maar het in 2019 sy eerste Afrikaanse debuut enkelsnit uitgereik.

Min mense weet dat hy sy broer in 2020 met ‘n stryd teen Leukemia verloor het, en die daarop volgende jaar sy pa teen die Covid verloor het.

Renaldo het geleer dat die lewe te kort is om dinge uit te stel. Sy ma en sussie inspireer hom en hy kry sy krag van die Here af om voluit te leef. Hy tree tans by talle feeste en plaaslike markte op. Hy sê dat hy elke geleentheid gebruik om sy passie vir die sang bedryf te kan uitleef.

Renaldo se grootste inspirasie is die Britse sanger en liedjieskrywer Ed Sheeran, aangesien hy mal is oor die manier waarop Ed sy liedjies skryf, maar ook oor die manier hoe hy vertonings lewer.

Renaldo | Foto: Verskaf

Volgens Renaldo kan hy enige plek geinspireerd raak om ‘n liedjie te skryf. Hy vertel sy storie deur die emosie wat in sy stem gehoor kan word asook die passievolle optrede wat hy lewer.

Hy geniet dit om na ander kunstenaars se vertonings te kyk en te ondersteun. Renaldo het n B-com graad voltooi en is tans besig met sy derde jaar musiekingeneurswese.

Hy werk tans daaraan om sy Afrikaanse album te voltooi en dan op toer te gaan daarmee in die nuwe jaar.

Something in the Orange is beskikbaar op alle digitale platforms.

 

Leave a Reply

error: Content is protected !!