In die vroeë 1980’s vind ’n hoogs klandestiene (geheime) noodonttrekkingsoperasie in die verre noorde van Mosambiek plaas. ’n Span Suid-Afrikaanse Recces moet inderhaas onttrek word ná die suksesvolle sabotasie van ’n treinspoorbrug. Hulle posisie word egter gekompromitteer en ’n oormag vyandige Frelimo-soldate maak meedoënloos jag op die Recces. Onder uiters gevaarlike en ekstreme omstandighede ontwyk sowel die Recces as Renamo-rebelle die Frelimo-soldate en kry hulle dit reg om uiteindelik ná vyf dae suksesvol te ontsnap. Weens die buitengewone lang afstand is opsies min om die Recces te onttrek.
Vir die eerste keer sedert die Tweede Wêreldoorlog word ’n uiters gewaagde operasie beplan om die Suid-Afrikaanse spesmagsoldate te evakueer. Kom luister na George Richter en ander lede van dié span se ongepubliseerde verhaal van ontbering en hoop.
14 Maart | 19:00 | R160
Kry jou kaartjies op die AfriForum Teater se webblad hier.