Arnold de Wet stel eerskomende Vrydag, 28 Oktober, sy splinternuwe enkelsnit bekend. El Shaddai is ‘n pragtige aanbiddingslied en is deur Arnold geskep saam met Johan Vorster en Francois Lessing.
Vertel ons meer oor die inspirasie en betekenis agter die lied?
El Shaddai is geïnspireer deur die wete dat God se arms ’n plek van rus is wanneer jy deur moeilike tye gaan.
In Psalm 131 sê Dawid dat hy rus en kalmte vind by God, soos ’n baba in sy ma se arms. EL SHADDAI is die naam van God wat hierdie idee vasvang.
Daar is ook ‘n pragtige musiekvideo, wie het dit vervaardig?
Die musiekvideo is deur Johan Vorster gekonsepsualiseer en is deur Jannes Erasmus en Daniel Rademeyer verfilm en vervaardig.
Wie is Arnold en waar kom hy vandaan?
Arnold het in Hartbeespoortdam grootgeword en is die seun van bekende sanger, Jan de Wet.
As kind was daar altyd musikante om hom wat sy passie vir musiek aangehelp het.
Waarmee is Arnold tans besig?
Ons werk tans aan nuwe musiek vir ’n lewendige lofprysingsalbum, wat vir die einde van die jaar beplan word. Hou hierdie spasie dop!
Waar kan mense vir Arnold gaan volg?
Facebook: https://www.facebook.com/Arnolddewetmusic
Instagram: @arnolddewetmusic
YouTube: https://www.youtube.com/channel/UCIH3t_e4rNoRbOaeMywpw2w