Kurt Darren is terug met nog ‘n dansvloer sokkie treffer wat belowe om sy beste liedjie in jare te wees.

Meisiesfontein word beskryf as die plek waar jy die mooiste meisies in die land sal vind, ‘n plek van sjampanje, partytjie en dans. Kurt Darren het hierdie plek ontdek en het dit ‘Meisiesfontein’ gedoop, waar die mooiste meisies mooier word.

Mens kan redeneer dat dit is waar Kurt sy vrou ontmoet het, maar dit is vir ons om uit te vind. As daar wel een ding is waarop ons kan staat maak, is dit dat ‘n sokkie treffer nooit ver weg is nie en hierdie nommer nie teleur sal stel nie, soos dit daardie klassieke sokkie-klank terug bring met ‘n paar moderne elemente om seker te maak dit dreun op die dansvloer.

Open in Spotify

As jy net so nuuskierig is om meer uit te vind oor hierdie wonderlike plek, maak seker om dit kliphard te luister terwyl jy jou dansmaat dansvloer toe vat. As jy ander planne het, verander dit, want almal is op pad na Meisiesfontein!

Meisiesfontein is ‘n return-to-form vir Kurt, dis ‘n ou resep vir ‘n dansvloer treffer, maar ou resepte dans die lekkerste.

Luister Meisiesfontein hier:

Leave a Reply

error: Content is protected !!