15 MAART 2024 | 19:00 | R120

Die Legato Koorfees en -toekennings is ’n platform waar kore hul liefde vir koorsang en musikaliteit in ’n professionele teateromgewing kan uitleef. Híér kan hulle hul harde werk met waarderende gehore deel. Die feeskonserte ontstaan in 2022, en groei met rasse skrede in 2023.

Die Legato-direksie stel in 2023 ook die Legato Koorfees-toekennings bekend wat deelnemende groepe en individue se passie en harde werk erken. In 2024 bied ons weer saam met ons vennoot, AfriForum Teater, ’n reeks feeskonserte en drie toekenningskonserte aan.

Deelnemende kore wat by hierdie geleentheid gesien kan word: Laerskool Anton van Wouw Junior Koor;  Hoërskool Linden Koor; Duduza Serenade

Kry jou kaartjies op AfriForum Teater se webblad hier.

Leave a Reply

error: Content is protected !!