Lawrence Herselman, ‘n talentvolle kunstenaar wat besig is om sy merk in die musiekbedryf te maak, het onlangs sy nuutste enkelsnit, “Mooi So”, vrygestel. Mooi So is ‘n energieke viering van die lewe, musiek, en die vreugde van saamkuier. Met ‘n aansteeklike ritme en lirieke wat die gees van spontane avontuur vasvang.
Lawrence sing met passie oor hoe musiek en partytjies die perfekte manier is om die swaar van die alledaagse lewe agter te laat. Hierdie boodskap resoneer sterk met al die manne en dames, wat met die frase, “Mooi So”, saamstem.
Kyk die musiekvideo hier:
Lawrence se musiekloopbaan het met skoolrevuese begin en uitgebrei na deelname aan plaaslike sangkompetisies, waar hy verskeie pryse gewen het. Hoogtepunte sluit in ‘n eerste plek by Klip Drift Idols en ‘n plek onder die top 150 deelnemers uit 7 000 inskrywings by Supersterre. Sy harde werk en toewyding is verder beloon toe hy vroeër vanjaar genomineer is vir ‘n Afri Indie Onafhanklike Toekenning vir beste POP enkelsnit met sy liedjie Toe Jy Myne Was.
Lawrence beoog om voort te bou op hierdie sukses en werk tans aan sy debuutalbum. Hy hoop om binnekort ‘n musiekkontrak met ‘n erkende platemaatskappy te teken, wat hom sal help om sy musiek na nog groter hoogtes te neem. Met sy indrukwekkende talent, toewyding, en die ondersteuning van invloedryke name soos Ernie Bates, is daar geen twyfel dat Lawrence op pad is na supersterras nie.