Die Afrikaanse duo, Legkaart, het geen bekendstelling nodig nie en ons is baie opgewonde vir hul splinternuwe enkelsnit, Nuwe Reise, wat op 20 Januarie 2023 vrystel.

Die nuwe enkelsnit kom uit die hoofsanger, Anrich Gericke se eie pen en is eie aan die paar se pop-rock-styl.

Nuwe Reise is geïnspireer deur die herinneringe van somervakansies in ons jeug saam met spesiale vriende. Daar was ’n ou motor waarmee ons gereeld op reise gegaan het toe ons leer bestuur het en van die beste tye van ons lewens was binne die vier deure van daardie motor,” deel hy oor die snit wat deur Johnny De Ridder (Die Heuwels Fantasties en Fokofpolisiekar) en Loki Rothman gemeng en vervaardig is.

Legkaart se nuwe enkelsnit NUWE REISE se omslag. Foto: Verskaf

Nuwe Reise spog met ’n energieke wysie wat jou nie net laat dink aan die somer nie, maar ook sal laat opgewonde voel oor die komende jaar, vertel die manne.

Daar is ook ‘n lekker musiekvideo oppad, wat in Gordonsbaai, Stellenbosch en Durbanville verfilm is deur Gerduan Kemp van Gerduan Kemp Photo & Film. Gerduan was ook verantwoordelik vir die konsep en vervaardiging van hierdie video.

Nuwe Reise sal beskikbaar op alle digitale musiekplatforms vanaf 20 Januarie 2023.

Leave a Reply

error: Content is protected !!