Jaid River se debuut album, Verlanger word op 17 Februarie vrygestel saam met haar nuwe enkelsnit Stad van Verlange.

Verlanger kombineer ’n diverse reeks genres, insluitend pop en volwasse kontemporêre musiek. Die tema van die album is verlange, met elke liedjie wat ’n ander tipe verlange ondersoek, of dit nou na mense, plekke, duidelikheid of ’n droom is.

“Ons almal verlang na iets en die album herinner jou om in die oomblik te leef en die mense en plekke rondom jou raak te sien en te koester,” deel sy.

Sien dit fotos hier:

Jaid River, Jaco Smit & Joshua na die Reën | Foto: Verskaf
Jaid luister na een van haar nuwe liedjies | Foto: Verskaf
Jaid River & Jaco Smit| Foto: Verskaf
Jaco Smit| Foto: Verskaf
Jaco Smit speel die cello Foto: Verskaf
Jaid agter die mikrofoon | Foto: Verskaf
Jaid River & Jaco Smit | Foto: Verskaf

Jaid het al die liedjies op die album geskryf behalwe Gee Nie Om Nie, wat sy saam met Jaco Smit geskep het. As jy haar uitvra oor haar gunstelingsnitte sonder sy Verlanger uit vir sy kragtige lirieke en persoonlike betekenis en Stilte, wat sy geskryf het oor die vrede wat sy by die Karoo Stilfees in 2016 ervaar het.

Stad van Verlange is ’n kragtige ballade oor die ervaring om agter te laat wat jy ken en die onsekerheid en twyfel wat daarmee gepaard gaan wanneer jy vir die eerste keer alleen in ’n nuwe stad of plek is.

Dit is ’n emosionele verkenning van die herinneringe, mense, drome en woorde waaraan jy wil vasklou en wil veilig hou, al is dit nie meer wat dit was nie, en die liedjie getuig van die mens se kwesbaarheid asook die musikant se skryftalent.

Die album Verlanger & die enkelsnit Stad van Verlange sal 17 Februarie beskikbaar wees op alle digitale platforms.

Leave a Reply

error: Content is protected !!