Die Afrikaanse Top 100 lewer weer ‘n week vol verrassings, sterk skuiwe op die lys, en ‘n paar splinternuwe toevoegings.

Kurt Darren se treffer, “Hop Hop Spinnekop“, hou sy plek op No. 1 vir ‘n derde week en bevestig sy status as een van 2024 se groot gunstelinge. “Hop Hop Spinnekop” het die afgelope week 324 504 nuwe YouTube views gekry en het ‘n Spotify Populariteit rating van 50, op vanaf 46.

Hop Hop Spinnekop” lok tans uiteenlopende reaksies, wat wissel van skerp kritiek tot opregte lof. Vir sommige luisteraars is dit ‘n “catchy tune” of ‘n “earworm” wat perfek pas by Desember-vakansiepret en gesinstyd, veral vir die dansvloer of lang padritte. Kommentaar soos “my klein kind love dit” en “lekker om saam te sing in die kar” wys dat die liedjie ‘n familie-vriendelike aantrekkingskrag het. Ander meen egter dat die liedjie “platvloers” of “stupid” is, en sommige het dit selfs as “k*k” beskryf – maar erken tog sy potensiaal as ‘n vakansie-treffer.

Die uiteenlopende menings oor “Hop Hop Spinnekop” weerspieël die groot diversiteit van die Afrikaanse musiekmark. Dit bevestig Kurt Darren is geniaal om liedjies te skryf wat groot emosies en gesprekke uitlok, en veral liedjies wat dadelik aanklank vind by sy kernmark. Kritiek en al, die liedjie se groeiende aanhangers en aanlyn-reaksie wys dat dit alreeds sy plek as ‘n onvergeetlike treffer van 2024 gevestig het. Kurt weet beslis hoe om ‘n treffer te identifiseer, en of jy dit liefhet of verafsku, een ding is seker: “Hop Hop Spinnekop” het almal aan die praat.

Country Is For Me” deur James Johnston & Appel skuif op na No. 2 en wys dat country-klanke steeds aanklank vind by Afrikaanse gehore. Intussen sak Demi Lee Moore & Eloff se “As Ek Dalk” na No. 3, maar bly ‘n top-mededinger met sy sterk aanhangersbasis.

Hierdie week sien ons die indrukwekkende debuut van “F*k Jou” deur Zaan Sonnekus op No. 4, wat wys hoe vinnig luisteraars nuwe musiek kan omhels. Tamlyn Wessels hou haar plek in die Top 5 met “Klein Bietjie“. Chris Steyn se “Plaas Dorp Toe” bly ‘n gunsteling op No. 6, terwyl Demi Lee Moore se solo-treffer “Hart Breek” op No. 7 is.

Op No. 8 vind ons “Jan Asseblief” deur Irene-Louise Van Wyk, wat bewys dat hierdie liedjie se volgehoue gewildheid nie afneem nie. Eloff klim verder op die lys met sy inspirerende “Vlerke“, wat nou op No. 9 staan. Marno van der Merwe sluit die Top 10 af met “By Die Dam“.

Van die nuwe vrystellings hierdie week is:

  • F*k Jou” deur Zaan Sonnekus se debuut op No. 4 die grootste hoogtepunt.
  • Jou Tipe Boer” deur Brendan Peyper, wat op No. 52 verskyn.
  • Lippe teen die Klippe” deur JAN JAN JAN op No. 56.
  • Plaas Toe” deur WG NEL maak ook sy intrede op No. 97.

Met Kurt Darren wat sy derde week aan die bopunt van die lys spandeer, bly die vraag of ‘n nuwe liedjie hom kan uitdaag. Sal Zaan Sonnekus se kragtige nuwe treffer of Demi Lee Moore & Eloff se samewerking volgende week bo uitkom? Maak seker jy luister na die volledige Afrikaanse Top 100 en deel jou gunstelinge met #AfrikaanseTop100! 🎧🎤

Open in Spotify

Sien die volledige trefferlys hier:

Afrikaanse Top 100 - 29 November 2024

# Liedjie Kunstenaar Verlede Week Weke Op Trefferlys Hoogste Posisie
1 Hop Hop Spinnekop Kurt Darren 1 3 1
2 COUNTRY IS FOR ME James Johnston,Appel 3 3 2
3 As Ek Dalk (feat. Eloff) Demi Lee Moore,Eloff 2 2 2
4 Fok Jou Zaan Sonnekus NUUT 1 4
5 Klein Bietjie Tamlyn Wessels 4 3 4
6 Plaas Dorp Toe Chris Steyn 5 3 5
7 Hart Breek Demi Lee Moore 6 3 6
8 Jan Asseblief Irene-Louise Van Wyk 7 3 7
9 Vlerke Eloff 10 3 9
10 By Die Dam Marno van der Merwe 8 3 8
11 Oom Olifant FATMAN 9 3 9
12 Inge 2 Die Piesangskille 11 3 11
13 Heito Potato Appel 14 3 13
14 Boksemdais Riaan Benadé 13 3 13
15 Koos Wye Voete FATMAN 12 3 12
16 AVBOB Se Stoep Snotkop 15 3 15
17 Liewe Jinne! Juanita du Plessis 16 3 16
18 Klomp Keer Lekker Appel 25 3 18
19 Yskas Skuif Danny Smoke 70 2 19
20 Sterre Gerhard Steyn,Liezel Pieters 20 3 20
21 Trek Hom Plat Ricus Nel,Chris Steyn 19 3 2
22 Lisensie Franja Du Plessis 21 3 21
23 Carina Danny Smoke 17 3 17
24 Ik Ben Een Afrikaander Bok Van Blerk 18 3 18
25 Foute Appel 24 3 24
26 Impulsief Barto 26 3 26
27 Madelein Brendan Peyper 22 3 22
28 Tannie Katesbes FATMAN 27 3 27
29 Net Dans Bernice West 23 3 23
30 Die Afrikaner Maak So Bernice West,Bok Van Blerk 29 3 29
31 Country Girl Van Bloem Dodo Nyoka 31 3 31
32 Helemal Chris Steyn 28 3 28
33 Lek My Lippe Af Eloff 30 3 30
34 Meisie wat kan Vasdans Wentzel 33 3 33
35 Moegdans Brendan Peyper 38 3 35
36 Morsig Ivan Roux 32 3 32
37 Ek Verstaan Dodo Nyoka,Karlien Van Jaarsveld 35 3 35
38 Soen Soos Wat Jy Dans Brendan Peyper 37 3 37
39 Buffel Van Buffelsfontein Appel 41 3 39
40 Koue Kole Eloff 39 3 39
41 Plaaspop (Mullet Mix) Brendan Peyper 36 3 36
42 Net Myne Demi Lee Moore 34 3 34
43 Neem My Op Vlerke - SENSASIE Remix Anneli Van Rooyen,SENSASIE 42 3 42
44 Waar Gaan Ons Dans Vanaand? Irene-Louise Van Wyk 43 3 43
45 Bosveld Dans WG NEL 40 3 36
46 Dans Kwagga JAN JAN JAN 48 3 46
47 Bosveldterapie Riaan Benadé 46 3 46
48 Wil Jy Bly Wentzel 47 3 47
49 Stoom Riaan Benadé 45 3 45
50 Groeipyne (feat. Die Piesangskille) Eloff,Die Piesangskille 44 3 44
51 VERE! Franja Du Plessis 62 3 51
52 Jou Tipe Boer Brendan Peyper NUUT 1 52
53 Khaki Ricus Nel 58 3 53
54 H2Oë Barto 50 3 50
55 Lag ONS 52 3 52
56 Lippe teen die Klippe JAN JAN JAN NUUT 1 56
57 Ouens Soos Ek Marno van der Merwe 54 3 48
58 Dis Raak Bok Van Blerk 51 3 51
59 ZAMALEKKER BOBBEJAN 53 3 53
60 Goeie Ou Schwabie,Henru 55 3 55
61 Soos Bloed - SENSASIE Remix Theuns Jordaan,SENSASIE 60 2 60
62 Hemel & Hel Riaan Benadé,Demi Lee Moore 56 3 56
63 Kan 'N Man Ruhan Du Toit 59 2 59
64 Stoutgat Jay 61 2 61
65 Hasie Hop Prop 67 3 65
66 Ek Sal As Jy Sal Christia Visser 63 3 63
67 Tien Jaar Spoegwolf 64 2 64
68 Tony van Benoni Loufi 57 3 57
69 Dis 'n Vibe Juanita du Plessis 68 3 68
70 Liefde Koop Nie Brood Nie Barto 71 2 70
71 Besonders Barto 66 2 66
72 O'Lyfie Deon Groot 65 3 61
73 Ek Leef Die Piesangskille,Radioraps 74 3 73
74 Sou Vir Jou Jay 69 2 69
75 Die Brug Jo Black 81 2 75
76 As Hy Weer Kom Bernice West 72 3 72
77 Als Is Okay Karlien Van Jaarsveld 73 3 73
78 Katrientjie Katryn Karlien Van Jaarsveld 76 2 76
79 Toe, Nou en Altyd Bobby Van Jaarsveld 75 2 75
80 Hy Jy Jy Bernice West 77 3 77
81 Hou My Dop Deon Groot,Jakkie Louw NUUT 1 81
82 Stadig Danny Smoke 79 3 79
83 OASE Barto 86 2 83
84 Wynland Werner Van Der Hoven 84 2 84
85 Hy's 'n Lekker Ou JAN JAN JAN 89 3 67
86 Asseblief Elandré 78 2 78
87 Hou Bene Hou Nolene 82 2 82
88 Lyntjie Die Piesangskille 85 2 85
89 Bokke Loufi 91 2 89
90 Soen ONS 80 3 62
91 Reguit Dans Irene-Louise Van Wyk 90 3 90
92 Gooi Hom Jan Rhaap 100 2 92
93 Haar Naam Was Somer Die Piesangskille 83 2 83
94 Vlam In Die Wind Barto 92 2 92
95 Enkelvoud Annelie 95 2 95
96 Plaas Toe Loufi 94 2 94
97 Plaas Toe WG NEL NUUT 1 97
98 Die Bokmasjien Leon Schuster 96 2 96
99 Elke Liewe Ding Eloff 99 2 99
100 Ek Wonder Riana Nel NUUT 1 100

 

Leave a Reply

error: Content is protected !!