Juanita du Plessis een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe enkelsnit, “Ek Belowe“.
Die lied roep herinneringe op aan klassieke treffers soos “Tussen Woorde”, “Lief Vir Jou”, en “Dis Tyd”, maar het ’n verfrissende moderne kinkel.
“Ek Belowe” is geskryf deur Juanita du Plessis self, saam met haar talentvolle dogter, Franja du Plessis. Die lied is nie net ’n viering van romantiese liefde nie, maar eerder ‘n huldeblyk aan enige kosbare verhouding in die lewe. Met ’n aangrypende melodie en roerende lirieke, is “Ek Belowe” ’n lied wat diep in die harte van luisteraars sal kruip.
Hierdie nuwe vrystelling volg op die ongekende sukses van Juanita se vorige enkelsnit, “Liewe Jinne”, wat reeds meer as 8 miljoen kyke en strome opgeteken het. 2024 beloof ’n groot jaar te wees vir Juanita du Plessis met ’n reeks nuwe musiek wat op pad is. “Liewe Jinne” en “Ek Belowe” is die eerste twee enkelsnitte van ‘n vol album wat op pad is.
“Ek loop al vir vyf jaar met hierdie liedjie in my kop rond. Dis spesiaal vir huweliksmaats geskryf om hulself te herverbind tot die huwelik of verhouding en ek hoop dat elkeen wat die liedjie luister, dit iewers in hul lewe vir iemand spesiaals kan speel,” verduidelik Juanita oor die inspirasie agter “Ek Belowe“.
“Ek Belowe” is beskikbaar wees op alle gewilde musiekplatforms. Luisteraars kan dit geniet en deel in die emosionele reis wat deur Juanita en Franja du Plessis geskep is.