Multi-bekroonde sanger, liedjieskrywer en musikant, Joshua na die Reën, het pas sy heel eerste Engelse enkelsnit bekendgestel en om dit ekstra spesiaal te maak het hy dit as ‘n duet opgeneem in samewerking met sy groot vriend, Nathan Smith wat onlangs na Engeland verhuis het.

For A Little While kom uit Joshua na die Reën se eie pen en hy het die pragtige lied geskryf terwyl hy nog op Universiteit was.

En dit in ‘n tyd waar ek regtig net terug verlang het na die dinge wat my uit myself gekerf het. Die besef dat dit ‘n voortdurende proses is, veroorsaak ‘n kalmte in my gemoed dat mens nooit hoef te voel jy’t dit nou uiteindelik gemaak nie, want die waarheid is dat ons groei, en dis mooi en hoe dit moet wees,” vertel JNDR.

Die sanger glo dat as jy wag vir die regte tyd, iets ‘n baie dieper betekenis dra en dis ook die geval met hierdie enkelsnit.

Die twee musikante wou verlede jaar saamwerk, maar Covid-19 en die verloop van grendeltyd het hul planne bemoeilik.

Toe ek die nuus kry dat hy (Nathan Smith) emigreer na Engeland was dit vir my die teken dat dit nou die regte tyd is. Ek dink meer as enige iets wat die lied oor handel, is die tyd van hierdie vrystelling vir my besonders omdat dit vir my diep raak dat mens ten spyte van alles wat ons deur is die afgelope jaar, steeds net kan teruggaan na wie ons werklik is, alles anders is n bysaak!” sê JNDR.

Nathan Smith het dadelik ja gesê om die lied saam met Joshua na die Reën op te neem.

Ek ken JNDR al vir ‘n hele paar jaar en het op verskeie snitte vir hom kitaar gespeel en het groot respek vir sy werk ontwikkel. Ek voel ge-eerd dat hy my oorweeg het om mee saam te werk en tweedens, die lied is pragtig! So vir my was dit nie ‘n moeilike keuse nie en het ek die geleentheid met beide hande aangegryp,” vertel Nathan.

For A Little While se musiekvideo was verfilm by Realtime Pictures in Mellville deur Jan du Plessis en vervaardig deur Jean Daville.

Hy is ook deel van die musiekbeweging, Musiek Soos Grond, saam met sy vriende en mede-musikante, Lizandra Winter, Len Muller, Kaleidoskoop, Leon Gropp, Liani Reynolds en Douvoordag. Daar was al ’n hele paar hoogtepunte in my musiekloopbaan, maar vir my bly dit ’n groot voorreg om tydens optredes musiek te kan maak saam met vriende wat regtig naby aan my hart is,” meen hy.

For a Little While is nou op alle digitale musiekplatforms beskikbaar:

Sosiale Media: Facebook | Instagram | Twitter | Webblad

Leave a Reply

error: Content is protected !!