Jay, die onbetwisbare gunsteling in die musiekbedryf, bewys ná meer as twee dekades steeds waarom hy ‘n geliefde solo-kunstenaar is. Hy het pas sy splinternuwe enkelsnit, “Sou Vir Jou,” op alle stroomdienste vrygestel. Hierdie aansteeklike pop-sokkie nommer, geskryf deur die talentvolle Emil Paul, vertel die verhaal van ‘n man wat sing vir ‘n meisie buite sy bereik. Jay sê dat die liedjie se unieke invalshoek en positiewe energie hom dadelik aangetrek het. “Ek kon vinnig saam sing en die ‘vibe’ van die liedjie was opbeurend, ten spyte daarvan dat dit gaan oor ’n ou wat vir ’n ander ou se meisie sing,” sê Jay.

Hy hoop dat die publiek dadelik verlief sal raak op die liedjie en dit gereeld om die kampvuur of tydens kuiers sal speel. “Ek dink almal kort ’n nuwe liedjie in hul speellys, so hier is myne. Luister hom vrot,” skerts hy. Jay se doel is dat sy musiek mense sal help om te ontspan en hul sorge vir ’n rukkie te vergeet.

Alhoewel daar nie ’n musiekvideo vir “Sou Vir Jou” gaan wees nie, kan aanhangers uitsien na ’n visualizer met lirieke, wat hulle die geleentheid gee om saam te sing. Oor die hoogtepunte van sy loopbaan sê Jay dat dit onmoontlik is om een oomblik uit te sonder. Hy waardeer eenvoudig die voorreg om sy passie vir musiek uit te leef. Daar is ook nog twee nuwe liedjies wat hy beplan om later vanjaar vry te stel.

Met “Sou Vir Jou” stel Jay weereens sy onmiskenbare talent en passie vir musiek ten toon, en bly hy ‘n onverbeterlike ikoon in die Afrikaanse musiekwêreld.

Open in Spotify

Leave a Reply

error: Content is protected !!