Angie Oeh Meisies & PartjiesAngie Oeh Meisies & Partjies

Jack Parow en mompel kletsrymer Angie oeh het twee noemenswaardige dinge in gemeen: meisies en partytjies. Hul samewerking, Meisies & Partytjies is die derde enkelsnit vanaf Parow se album, Die Evangelie van Goeie Tye. Hierdie album word stadig bekend gestel met ‘n nuwe enkelsnit wat op die 22ste van elke maand vrygestel word tot Februarie 2023.

Sover sluit hierdie album samewerkings met Early B, Margot, Loki en Bliksemstraal in, maar “Meisies & Partytjies” is almal se gunsteling en die liedjie wat tans die meeste gestroom word op die album.

En dis beslis die regte tipe liedjie om die partytjies aan die gang te kry hierdie somer.

“Angie is regtig great. Ek love dit om saam met haar te werk. Dis cool om weer iemand fresh en nuut te hê. Sy het so ‘n cool style en het regtig net good vibes ge-add tot hierdie song,” sê Jack Parow.

Die gevoel is wedersyds:

Angie oeh sê: “Dis vir my die grootste eer om saam Jack Parow ‘n song te hê en nou ‘n musiekvideo ook. Hy’s die coolste dude en om saam hom by Liefde by die Dam op te tree is die hoogtepunt van my jaar. Ons hou van meisies en partytjies. En almal wat dieselfde like is welkom by ons plek!”

DIE MUSIEKVIDEO

By Liefde by die Dam. Fotograaf: Wayde Flowerday.

Die musiekvideo is verfilm by die Liefde by die Dam fees in Johannesburg en by The Lightning Bolt straatpartytjie in Kaapstad. “Ons het ‘n bed gebou onsite by Liefde by die Dam sodat dit lyk asof ons ‘n partytjie hou in die bed,” vertel Jack Parow.

“Hey Angie, is jy reg om te stage dive vir die eerste keer?”

Jack Parow het nog ‘n snaakse stukkie om te vertel oor die musiekvideo.

Angie het voor Liefde by die Dam nog nooit ge-stagedive nie. Ek het nie gedink dat die meeste van die kids wat daar was nog nooit regtig by groot shows was nie weens Covid. En toe ek stage dive van bo af toe val ek reguit op die grond, want niemand het my gevang nie! Na dit wou Angie nie vanaf die verhoog te stage dive nie, maar toe klim sy af van en stage dive van onder af! Dit was nogal mal.”

Kyk Meisies en Partytjies hier:

Die musiekvideo is gemaak deur Hardus van Deventer.

Meisies en Partytjies is beskikbaar op alle digitale platforms. 

Leave a Reply

error: Content is protected !!