Met die vrystelling van sy debuut album het Franco van Zyl beslis ‘n mylpaal in sy musiek loopbaan bereik.  Vanaf ‘n jong ouderdom het hy sy hart ten volle vir Jesus gegee en sy lewe het toe eers begin. Dit is die grootste voorreg vir hom om een van Sy instrumente te wees en daarom sing Franco ook in Sy naam vir Hom. Met die enkelsnit Op Na Die Hemel vanaf die album het Franco dit beslis reggekry.

Die inspirasie agter sy gospel album Jesus Is King was hoe sy pad saam met Jesus begin het. Franco verduidelik dat elke liedjie ‘n spesifieke betekenis het vir hom en sing wat op sy hart lê. Van die liedjies op hierdie album, is liedjies wat hy nooit gedink het hy ooit sou sing nie, maar die dag toe hy by Jesus se voete gaan sit het, het Hy vir hom die regte liedjies gekies.

Die spog produksie van die album was gedoen deur Vincent Gordon, wie ook sy debuut album gevervaardighet. “Ek dink hy het dit die moeilikste werk gehad, want hy moes gedoen het wat ek in my hart gevoel, en ek dink dat hy dit uitstekend reggekry het”, verduidelik Franco.

Hierdie album bestaan meestal uit baie bekende leen liedjies (covers) wat al van tevore gesing was, asook kan Franco trots se met 2 oorspronklike gospel liedjies. Sy hoop vir die album; is om ‘n verskil te probeer maak in lewens en om Sy naam hoog te hou, en te kan versprei waarokal hy heen gaan.”

Vir toekoms; Dink Franco persoonlik dat hy meer in die Gospel mark gaan inbeweeg, met die reaksie van sy kommersiële musiek sal hy definitief hier en daar ‘n lekker sokkie liedjie uit te bring, maar met Gospel as sy eerste liefde en fokus.

Tans is Franco besig om te werk aan nuwe liedjies en beplan om later die jaar met nuwe materiaal terug te wees.

Die volle album is nou beskikbaar op alle digitale platforms.

Open in Spotify

Leave a Reply

error: Content is protected !!