21 VirAltyd - Elsje

Nuweling Elsjé se heel eerste enkelsnit, 21 Vir Altyd is nou digitaal beskikbaar.

Dis ‘n lekker energieke pop liedjie met sterk elektroniese elemente en sal jou sommer vinnig aan die dans kry. 21 VirAltyd is uit die pen van bekroonde liedjieskrywer, Pierre Rossouw en vervaardig deur Hugo Ludik van Muse Studios en ook lid van die popgroep, Adam.

Afrikaans is nie iets wat Elsjé sommer sing nie en 21 VirAltyd was beslis buite haar gemaksone en het haar uitgedaag, maar die finale produk spreek vanself. Die oorsprong van die liedjie was by haar Ouma se 91ste verjaardag waar sy teruggedink het na haar eie 21ste verjaardag.

“Die liedjie gaan oor die goeie ou dae. My Ouma dink terug aan haar jonger dae wat soveel mooi herinneringe inhou,” vertel sy. Haar doel was om ‘n lekker positiewe aanslag met haar eerste enkelsnit te vat veral na die laaste twee jaar wat almal wêreldwyd deur beproewende tye gegaan het en sommige steeds doen.

“Leef elke dag voluit, wees jouself en moenie verskoning vra vir wie en wat jy is nie,” voeg Elsjé by. “Tyd gaan so vinnig verby so leef elke oomblik ten volle en maak soveel memories as moontlik, want jou tyd is nou.”

Die lirieke verwys ook na die jeugdigheid wat in elk van ons bly al word mens ouer.

Kyk die musiekvideo hier:

Hierdie 21-jarige blondekop van Pretoria is beslis nie een wat wag dat dinge in haar skoot val nie. Elsjé is een van ‘n tweeling. Sy en haar broer, Daniël werk al van 7-jarige ouderdom in hulle familiebesigheid waar sy ook vandag die bemarker en verkoopskontroleerder is.

Gebore en getoeë in Pretoria en gematrikuleer aan Hoërskool Montana het sy na skool ‘n 3-jaar kursus by Varsity College in Strategiese Besigheidsbestuur studeer.

Haar gesin is baie musikaal en beide haar ouers hou van sing. Van kindsbeen af het Elsjé altyd naweke om die kampvuur almal vermaak en dit wat naaste was – stoel of tafel was haar verhoog.
Tydens haar laerskoolloopbaan by Laerskool Magalieskruin was sy lid van die skoolkoor en sodoende al vroeg besef sy wil sing! Met verskeie talentkompetisies en heelwat toekennings ingeplam het sy nooit ophou om die familie te vermaak by al wat ‘n geleentheid is nie.

Open in Spotify

Haar tweeling broer, Daniël is ook haar regterhand met optredes as dit kom by klank.

Sy is ‘n avontuurlustige, energieke mens wat borrel met passie. Sy hou daarvan om naweke haar 4×4 quad bike aan te durf.

Elsjé hou van gesels en sy lag lekker as sy vertel op skool was sy die een wat die onderwysers altyd moes stilmaak. “Musiek is my passie, my ontspanning en hoe ek ontsnap van die werklikheid.”
Haar eerste enkelsnit, 21 Vir Altyd is nou digitaal beskikbaar. “Die liedjie gaan oor die goeie ou dae. My Ouma dink terug aan haar jonger dae wat soveel mooi herinneringe inhou,” vertel sy. Haar doel was om ‘n lekker positiewe aanslag met haar eerste enkelsnit te vat veral na die laaste twee jaar wat almal wêreldwyd deur beproewende tye gegaan het en sommige steeds doen.

“Leef elke dag voluit, wees jouself en moenie verskoning vra vir wie en wat jy is nie,” voeg Elsjé by. “Tyd gaan so vinnig verby so leef elke oomblik ten volle en maak soveel memories as moontlik, want jou tyd is nou.”

21 Vir Altyd is nou beskikbaar op alle digitale platforms.

Leave a Reply

error: Content is protected !!