Henri Alant se nuutste enkelsnit word beskryf as sy beste werk tot nog! Ek En Jy handel oor die liefde tussen twee persone wat die lewe saam aanpak en volg die motto van ek en jy teen die wêreld. Ek en Jy het ‘n pop dans aanslag wat deur Alant beskryf word as ‘n goed voel liedjie. En is geïnspireer deur sy vriende wat hom ondersteun deur dik en dun.
Die gesoute Suid-Afrikaanse kunstenaar het die afgelope 3-jaar homself ‘n huishoudelike naam gemaak en opeenvolgende suksesvolle enkelsnitte vrygestel. Maar sukses het nie oornag gebeur nie. Alant het sedert sy debuut album in 2011, hard gewerk om vandag op die rand van sukses te staan. Hy het in sy twintigs begin optree by kunstefeeste soos die KKNK en Aardklop, en het met die regte mense gemengelmoeskardoes soos Alant dit noem. “Dis alles wie jy ook ken wat gepaard gaan met jou talente. Uithou en aanhou”
Alant beskryf sy musiek as goed voel musiek wat in die kar geluister kan word met die ruite af en die wind wat deur die kajuit waai. Hy het ook al vele erkennings ontvang by ‘n verskeidenheid toekennings soos die Huisgenoot Tempo en ‘n Ghoema.
Alant se musiek is beïnvloed deur Shania Twain, Patricia Lewis en Steve Hofmeyr. “Die mense wie deur die jare soveel sukses behaal het deur te weet dat jy niks is sonder jou aanhangers nie”
Henri Alant kom uit ‘n musikale familie en dit was sy liefde vir musiek en die passie vir mense wie hom gedryf het om die musiek na te jag met sy ondersteuning van al sy familie “Daar is nie een in my familie wat die nie vir my gun nie”
Patricia Lewis is Alant se gunsteling kunstenaar. “Sy het my gewys hoe sterk sy is en hoe sy opstaan en aangaan en bo die situasie uitkom. Sy is verseker die mees talentvolste sangeres van my era.”
Op ‘n tipiese dag spandeer Henri baie tyd aan beplanning en om kreatief te wees, hy klim lag lag elfuur in die aand agter die mikrofoon in om sy kreatiwiteit uit te sing en vieruur in die oggend in die bed wat dan op ‘n lekker laat slaap sessie uitwerk wat meeste mense na smag.
Alant se raad aan jong kunstenaars is: “Kry iets agter jou naam. Die moontlikheid dat jy goed sing en nêrens kom is ook ‘n realiteit. Werk hard en moenie bang wees om te vra vir raad nie. Steek jou trots in jou sak en speel die game. In die einde is die musiekbedryf ‘n sirkus en jy moet jou rol vind. Maar lewe jou passie en werk aan jou kuns”
Ek en Jy is beskikbaar op alle digitale platforms.
Bespreek Henri Alant deur Maverix Musiek – Ferdie Steyn: 068 347 2262