Dani Villé het onlangs haar nuutste enkelsnit Liefeskind vrygestel.

Liefdeskind is een van die liedjies wat ‘n persoon se gedagtes en gevoelens goed kan beskryf. Daar word gedink dat dit die eerste keer is dat hierdie persoon hul gedagtes en gevoelens so goed kon neersit op papier.

Liefdeskind, gaan oor die fases waardeur mens gaan in die lewe. Dat as jong mens is jy soms so weggesteek van die res van die wêreld af en fokus nie op veel wat rondom mens aangaan nie, of alhoewel, dit is hoe dit met my was voor ek “groot geword” het, en ek besef het wat werklik om my aangaan. Waar ek vir so lank nie baie kennis gegee het oor myself en min dink, en hoe een persoon heeltemal alles vir die goed vir jou onderstobo kan omdraai, en dit alles op ‘n jong ouderdom.

Sy het van ‘n jong ouderdom af geleer om vinnig groot te word as gevolg van die loopbaan waarin sy is, en dit is nie altyd maklik nie. Maar die oomblik toe daardie liefde, aanvaarding en ekstra ondersteuning van ‘n spesiale persoon afkom, begin sy die wêreld vanaf ‘n hele ander oogpunt sien. Sy begin droom in kleur en maak mooi herinneringe soos iets wat uit ‘n storieboek kom.

Liefdeskind is die onophoudelike liefde, geluk, en dankbaarheid wat weerspieël word.

“Ek word deur al die mense naby aan my beskryf as ‘n persoon wat baie droom. Die inspirasie agter die liedjie word ook gesien as die herlewing van aardse dinge in jou eie droomwêreld.”

Daar is beplan dat daar nog baie ander inspirasie verkry sal word deur Dani wanneer Duitsland toe gegaan word, veral deur nuwe klanke en kulture. Daarna sal daar klomp nuwe musiek uitgebring word sodra ek terug is.

Liefdeskind is beskikbaar op alle digitale platforms.

Leave a Reply

error: Content is protected !!