Die ikoniese Suid-Afrikaanse kunstenaar Arno Jordaan het sy nuutste enkelsnit, “Vêr Inni Wêreld Pietie,” verlede Vrydag vrygestel.  Die liedjie is ’n vars spin op ’n geliefde Afrikaanse gunsteling wat die nostalgie van Desember herleef en luisteraars ’n goeie kuier beloof.

In “Vêr Inni Wêreld Pietie” eer Arno die tipe vriend wat baie van ons ken: die komiese Pietie, die ou wat altyd ’n grappie het, braaivleis wil maak maar die vleis vergeet, en diegene wat na ’n lekker kuier verlang—maar nie by sy eie huis nie! Arno se humoristiese en hartlike benadering tot die karakter van Pietie, roep luisteraars op om soms minder bekommerd te wees oor wat ander dink en meer in die oomblik van die lekker dinge in die lewe in te stel.

Met sy opwindende mengsel van nostalgie en moderniteit, bring Arno die bekende klanke van “Vêr Inni Wêreld Kittie” in ’n nuwerige styl, met lekker ritmes wat maklik in jou kop gaan bly. Hierdie spin op die geliefde FAK-treffer, wat saam met Kobie Koen van Vonk Musiek en Tertius Human van CoolerBox Studios vervaardig is, is Arno se manier om die 100ste bestaansjaar van Afrikaans in 2025 te vier. “Ek wil hê mense moet hierdie liedjie kliphard speel in elke vakansiedorp, op elke strand, en langs elke braaivleisvuur,” sê Arno. “Dit gaan oor vriendskap, lekker tye, en om minder ernstig oor die lewe te wees.”

Die liedjie, met sy vrolike ritme en herkenbare lirieke, is die ideale Desember-oorwurm en ’n viering van die dinge wat vir Arno Jordaan die naweek so spesiaal maak – goeie vriende, baie lag, en die eenvoud van die lewe. “Vêr Inni Wêreld Pietie” is ’n treffende herinnering aan die speelse en sorgvrye tye wat in die somer met vriende en familie gedeel word.

Open in Spotify

Leave a Reply

error: Content is protected !!