Mompel kletsrymer, Angie oeh, het ‘n vuurhoutjie aangesteek en nou kyk sy hoe dinge ontplof vir haar. Kort op die hakke van haar debuut kortalbum, Sex in Afrikaans, se vrystelling het Angie ‘n gesogte rol in ‘n Jägermeister TV advertensie gekry. Plus, haar enkelsnit, “Dis Jou Wyfie REMIX” feat. Loufi word gebruik in die derde episode van die Netflix reeks, Ludik.

En net toe almal begin dink “wat nou volgende?”, kondig Angie haar tweede kortalbum, Mooiste Meisies, aan. Sy sal elke twee week ‘n splinternuwe enkelsnit vrystel wat sal ophou na die vrystelling van haar 5-snit kortalbum getiteld Mooiste Meisies.

M.O. is die eerste enkelsnit vanaf Mooiste Meisies en is nou uit!

M.O. is vir my ‘n dope song, en ‘n nice entryway na my nuwe EP, MOOISTE MEISIES.

Alhoewel ek sing oor titties en booty’s, sing ek ook oor my gevoelens. Die lyn ‘al wat die mense soek is ‘n fokken show nou’ beteken vir my baie, want mense vergeet partykeer dat daar ‘n mens agter die persona is,” vertel Angie oeh.

“Ek hoop almal vibe met die beat, flow en lirieke so baie soos wat ek doen.” Angie oeh

VRYSTELLINGS DATUMS:

  1. M.O.: 1 September 2022
  2. Sys ‘n hoe: 15 September 2022
  3. Omdat ek wil: 29 September 2022
  4. Spicy: 13 Oktober 2022
  5. Mooiste meisies: 27 Oktober 2022

“Die EP gaan oor seks, dwelms, liefde, gevoelens, alles paired met ‘n vet bassline. Enjoy guys. Love you, aweh!” Angie oeh

M.O. is nou beskikbaar op alle digitale platforms.

Open in Spotify

Leave a Reply

error: Content is protected !!