Hierdie week op die Alternative Top 40 saamgestel deur Reputasie.
Zaan Sonnekus se nuwe enkelsnit, Monitor, wat verlede week sy debuut op No 2 gemaak het, klim op na No 1. Dit is Zaan se tweede No 1 treffer op die Alternative Top 40.
Caravan In The Mist van Mann Friday is hierdie week op No 2, dit is die liedjie se hoogste posisie nog op die trefferlys. Vanaf die liedjie 4 weke gelede sy debuut op No 3 gemaak het, het die liedjie nog nie die Top 10 verlaat nie.
Verlede week se No 1 debuut, Hoer In Beton van Millennium & Koos Kombuis sak terug na No 3. Ten Minste Vir My van Zaan Sonnekus is op No 4. Perspektief van Vrede is op No 5.
Op No 6, maak Van Der Aven hul debuut met hul nuwe enkelsnit, Slaap Jy Al. Ek Kan Net Bid van Zaan Sonnekus is op No 7
Rooi Bos van Jako Meyer maak sy debuut op No 8.
Donnerse Lag van Almero is op No 9, dit is die liedjie 5de opeenvolgende week in die Top 10.
Die Top 10 word voltooi deur Heimwee van Van Der Aven.
Ander nuwe liedjies op die Alternative Top 40:
- Vodka and Smoke van Metro Villa op No 38
Die Alternative Top 40 is gebaseer op YouTube data wat gegenereer word van amptelike musiekvideo’s en klank vrystelling. Die trefferlys kyk na vier parameters van hoeveel streams elke liedjie kry tydens die observasie periode. Dit is ook belangrik om te noem hoe die observasie periode en publisering van die Alternative Top 40 werk. Die observasie periode werk vanaf Vrydae tot Donderdae en die publisering datum van die trefferlys is dan die volgende Dinsdag.
Sien die volledige Alternative Top 40 hier:
Alternative Top 40 - 21 Maart 2023
No | Liedjie | Kunstenaar | Weke op Trefferlys | Hoogste Posisie | Verlede Week |
1 | Monitor | Zaan Sonnekus | 2 | 1 | 2 |
2 | Caravan In The Mist | Mann Friday | 4 | 2 | 8 |
3 | Hoer In Beton | Millennium & Koos Kombuis | 2 | 1 | 1 |
4 | Ten Minste Vir My | Zaan Sonnekus | 7 | 1 | 4 |
5 | Perspektief | Vrede | 7 | 2 | 5 |
6 | Slaap Jy Al | Van Der Aven | 1 | 6 | N |
7 | Ek Kan Net Bid | Zaan Sonnekus | 7 | 4 | 9 |
8 | Rooi Bos | Jako Meyer | 1 | 8 | N |
9 | Donnerse Lag | Almero | 7 | 5 | 7 |
10 | Heimwee | Van Der Aven | 7 | 6 | 6 |
11 | Verniel My Maar | Alter Ego | 7 | 11 | 12 |
12 | Die Son | Vrede | 7 | 7 | 18 |
13 | Onskuld Van 'n Kind | Vrede | 7 | 1 | 10 |
14 | Krapmerke | Zaan Sonnekus | 7 | 6 | 13 |
15 | Make It Out Here Alive | Cindy Louise | 7 | 15 | 20 |
16 | Hey Jy! | Bloumoord | 6 | 11 | 17 |
17 | Soeklig | Bittereinder | 7 | 11 | 27 |
18 | Plastiek Swaard | Zaan Sonnekus | 7 | 6 | 16 |
19 | Bly Bietjie Langer | Marcel Dalmayda | 7 | 18 | 22 |
20 | Damwal | Andre Visagie | 2 | 3 | 3 |
21 | Hou Net Vas | Uncle Spike | 7 | 17 | 23 |
22 | Was Dit jou Plan? | Alter Ego | 7 | 5 | 11 |
23 | Hoog | Zaan Sonnekus | 7 | 8 | 21 |
24 | Soeklig (Stemme) | Bittereinder | 7 | 15 | 19 |
25 | Donkerwolk | Bittereinder | 7 | 24 | 24 |
26 | Revolusie | Chaos in September | 4 | 6 | 30 |
27 | Burning Building | Lucy Kruger & The Lost Boys | 4 | 1 | 31 |
28 | Bittersomerson | Gevoel Van Veiligheid | 4 | 9 | 25 |
29 | Donderweer Idees | Almero | 5 | 29 | 35 |
30 | Niks Verander Die Liefde Nie | Gian Groen | 7 | 22 | 37 |
31 | Rise Up | Cindy-Louise | 4 | 31 | 40 |
32 | Dis Fyn | Zaan Sonnekus | 7 | 19 | 32 |
33 | As Ons Almal Môre Sterf | Van Der Aven | 2 | 33 | 34 |
34 | Ek Mis Jou Hierdie Keer | Alter Ego | 7 | 13 | 14 |
35 | Crows Feet | West Coast Wolves | 6 | 2 | 28 |
36 | Ysbeer | Bittereinder | 7 | 20 | 26 |
37 | Nie Stilstaan Nie | The Vanilla | 2 | 32 | R |
38 | Vodka and Smoke | Metro Villa | 1 | 38 | N |
39 | Al Wat Ek Oor Het | 1925 Band | 6 | 21 | R |
40 | Ritalin | Zaan Sonnekus | 5 | 22 | R |