Die immergewilde mansgroep, ADAM, het reeds jare terug diep in die harte van Afrikaanse musiekliefhebbers gekruip. Met hul unieke aanslag tot Afrikaanse pop-musiek, en lirieke wat die dames laat koer, is hierdie volgende musiek-revolusie, slegs die begin van hul pad na bo.

Hugo Ludik, een van die stigterslede van die oorspronklike ADAM-groep, is ‘n kranige vervaardiger asook die groep se kitaarspeler en liedjieskrywer. Buiten vir Hugo se puik vokale talent, spog hy glo ook met ‘n voorliefde vir gholf!

“My passie is musiek maak, musiek luister, en so nou en dan gholf” meen hy skertsend.

Oor die nuutste oplewering van ADAM se langverwagte nuwe vrystelling, Rooi Lippe meen Hugo dat dit ‘n nuwe begin vir ADAM is. “Dis ‘n lekker feel-good-treffer vir die lang pad en iets heeltemal anders vir ADAM.” Oor die nuwe musiekvideo verklap hy min, maar hy noem wel dat aanhangers kan uitsien na iets “spooky” wat ‘n lekker komiese blik op liefdesverhoudings bied… En sy raad: “Moet nooit met ‘n psycho uitgaan nie!”

Hugo het ook sy dank uitgespreek teenoor aanhangers wat die laaste 12 jaar die groep se musiek ondersteun en het beloof dat daar uitgesien kan word na nog hope optredes en baie nuwe musiek!

Leave a Reply

error: Content is protected !!