In die nasleep van die verbysterende sukses van Bietjie Benoni, wat almal se verwagtinge ver oorskry het, is Lianie May terug met haar nuutste liedjie, genaamd Tappit, wat beloof om jou voete te laat kriebel van opgewondenheid.
Met ‘n tong-in-die-kies benadering tot die lirieke, verteenwoordig hierdie liedjie ‘n ligte, speelse gevoel en is dit nie bedoel om die Suid-Afrikaner uit te daag nie, maar eerder om te wys dat ons almal, uiteindelik, net genietbare mense is en nie te veel om moet gee oor wat ander van ons dink nie.
“Tappit is bloot ‘n metafoor wat ons gebruik het en dit draai om die idee van lekker kuier saam met jou vriende, familie, of waar jy jouself ook al mag bevind. Soms is dit net lekker om eenvoudige dinge te doen soos dans op tafels, die wors omdraai by die braai met die hand, of selfs ‘n shooter of twee te veel geniet – maar dit is dit net lekker, en ons hou daarvan, want ons is Suid-Afrikaners en waardeer die saamwees.”
Die liedjie word vergesel deur ‘n vrolike musiekvideo en die doel daarvan was om ‘n glimlag op mense se gesigte te bring, want die lewe is reeds te kort en ernstig genoeg. Geniet net die oomblik!
Ná bykans 15 jaar in die Afrikaanse musiekbedryf bly Lianie dieselfde energieke en eg plaasmeisie wat in 2007 skielik beroemd geword het.
Kyk die musiekvideo hier:
