Kris Ray se musiekvideo vir sy treffer Wat Maak Hy Daar is sopas vrygestel.
Op Wat Maak Hy Daar sing Kris Ray van Oom Kallie wat sy kuiers by die kroeg altyd geniet. Die storie is eenvoudig en dis waar almal net kuier by die bar en daar altyd die een uitsondering wat nou Oom Kallie is in die geval. Dit kan enige iemand wees wie jy ken, ons almal ken so persoon. Inspirasie is al die kuier saam vriende en die lewens ervaring wat mens op doen by ‘n kuier.
Vir Kris beteken die liedjies baie, hy vertel dat Afrikaners met die liedjie net lekker kan ontspan en geniet by ‘n kuier. Dis ‘n lekker kuier liedjie en kan op enige plek geluister word.
Kyk die musiekvideo vir Wat Maak Hy Daar hier:
Die musiekvideo was ‘n prettige gedoente om te skiet in ‘n kroeg in Nelspruit. Kris wou iets vir die dames as ook die mans inbring in die musiekvideo. “Ek het ‘n goeie vriend wat een van die beste geboude mans is wie ek ken genooi en dan het ek 2 beeldskone dames as vriendinne gevra om bietjie saam Andre eye candy te wees in die video.” vertel Kris. Die musiekvideo volg die storie lyn van ‘n baie self versekerde man wat in die kroeg instap en met twee meisies flankeer en dit reg kry. Maar die volgende dag in ‘n lekker twist in die storielyn op die plaas toe help die twee vrouens hom weer uit.
Die musiekvideo is deur Quintinessential Video Worx geskiet en deur die vervaardiging is deur Kris self gedoen.
Kris Ray se liefde vir musiek is al van kleintyd af gekweek. “My pa is sy hele lewe lank al ‘n musikant en kan amper enige iets speel met ‘n klawer. So ek was by baie boere musiek danse gewees waar ek onder die tafel geslaap het en dink dit het van daar af ontwikkel.” Musiek is vir hom soos kos vir die siel, want dit kan soveel emosies uitlok en die gemoedere dadelik lig as dit op die regte tyf gespeel word.
Kris is al amper 5 jaar betrokke in die musiek industrie, waar hy John Rock Prophet se bestuurder is en het eers met die aanvang van die pandemie begin om sy eie musiek vry te stel. Inspirasie vir sy musiek kom uit persoonlike ervaring en die denke dat die musiek ander mense se lewes kan beter maak op een of ander manier.
Sy lesse uit die musiekindustrie het hom geleer dat daar nie tyd is vir fyn gevoelige mense nie en dat daar baie opofferings gemaak om word om iewers te kom. Harde werk en nooit op gee is die antwoord.
In die toekoms sal Kris graag met Riaan Benade en Droomsindroom wil werk. “Ek dink Riaan se musiek het ongelooflike stories in hulle en Droom Sindroom… man ek love hulle musiek en vibe, dink dit kan net great wees om saam hulle te werk.”
Kris werk aan nog ‘n paar treffers wat in die nuwe jaar die lig en dansvloer gaan sien.
Wat Maak Hy Daar is beskikbaar op alle digitale platforms.
