Gospel sangeres Richelle Grant het onlangs haar kort album Vul Die Huis Met U Glorie vrygestel.

Die kort album is gevul met Richelle se gunsteling Nederlandse aanbiddings liedjies wat vertaal is na Afrikaans. Elke snit bring ‘n unieke en hartvervullende gevoel na die album.

Richelle vertel dat sy ‘n begeerte gehad het vir nuwe Gospel musiek en toe sy op die aanbiddings liedjies afkom het sy geweet dat dit in Afrikaans moet wees!

Vul Die Huis Met U Glorie, roep op God se teenwoordigheid in die Gemeente of selfs Sy teenwoordigheid in jou hart. Die liedjie is ook ‘n duet saam met Stass van Onbeskaamd. U Is Sterker gaan oor God wat sterker is as enige situasie waarin die luisteraar hom/haarself kan bevind. Dit beklemtoon dat Jesus is meer as genoeg en groter is ten spyte van jou lewensomstandighede.

Ek Weet Hoe Goed My God Is is Richelle se gunsteling liedjie op die kort album en is deur Reyer van Drongelen geskryf. Sy vertel sy het so baie gehuil met die liedjie, “Ek het Reyer gevra hoekom het hy die liedjie geskryf.  Hy het gesê dit het gegaan oor seer wat hy gekry het in ‘n kerk en waar hy opgekyk het na ‘n leier, Hy het regtig gevoel alles val in mekaar in.  Maar Hy het sy oë gerig op God in daardie tydperk en kon deur die seer werk en kom.”

Vir Richelle het die liedjie weer laat besef dat so baie mense seer kry in gemeentes en kerke, maar wanneer dit gebeur moet jy regtig net jou oë gefokus hou op God. “God gebruik ons as kinders van God om sy Koningkryk te bou, mense maak foute en die hartseer is groot foute, ons moet vergewe en ons oë gerig hou op God.”

Hierdie musikale werk is nie dieselfde as Richelle se vorige musikale werk nie, aangesien die musiek wat sy skryf as Pop gospel beskryf kan word en die kort album is aanbiddingsliedere. Dis ‘n diep en moderne weergawe wat sal aanklank vind by alle gelowiges en selfs in verskeie kerke.

Dit is nogals lekker om terug te kyk en te besef op ‘n stadium in my lewe het ek gedink ek kan glad niks reg kry sonder ander mense nie, ja mens het mense nodig.  Maar daar is so baie wat jy eintlik vir jouself kan doen.” Vertel Richelle wat haar eie produksie maatskappy besit en saam ‘n vriend bestuur.

Richelle vertel dat sy het grootgeword in Richardsbaai en in Rustenburg. Richardsbaai het haar ‘n buite meisie gemaak, waar sy altyd in die bos, see, of op straat gespeel het. Sy besit haar eie produksie maatskappy wat eintlik begin is om haar eie musiekvideos te skiet om geld te bespaar, maar dit het in ‘n volwaardige besigheid ontaard. Dit het alles begin met fotografie en nou ook videografie. Sy spog dat sy amper alles self gedoen het vir Vul Die Huis Met U Glorie van die video, album omslag en die bemarking.

Die Gospel sangeres is ook ‘n sang juffrou, fotograaf en videograaf. Richelle bied ook kitaar lesse aan vir nuwe en ervare musikante vertel dat dit so rewarding is wanneer daar vordering is en dat sy dit baie geniet. Maar in dieselfde asem bieg sy dat daar ook frustrasies uitsteek as die persoon nie oefen soos hulle moet nie, maar daar is altyd ‘n lig punt aan Richelle se stories omdat sy erken dat dit help haar ook oefening in te kry.

Vul Die Huis Met U Glorie is deur Stass Productions vervaardig. Richelle het net prys vir Stass, sy werk al twee jaar lank saam met hom aan musiek. Stass se musiek word al vir jare in die kerk gesing en dit het ‘n groot invloed op Afrikaanse Christelike musiek. Toe sy die liedjie Vul Die Huis Met U Glorie vertaal het, het sy geweet sy wil dit saam met Stass opneem. Richelle vertel grappenwys dat nou die dag vertel sy vir Stass dat dit voel vir haar of sy in ‘n deelnemer is van Masterchef, en Stass is die beoordelaar. Al verskil is dat hulle musiek saam kook wat die wêreld kan verander.

Kyk die musiekvideo hier:

Wat is Richelle se raad aan nuwe opkomende kunstenaars? Vir nuwe Gospel sangers sal sy aanraai dat hul verhouding met God connected is, elke dag, en dan sal jy slaag in jou doel. Sy beaam dat jy nie famous hoef te wees om ‘n verskil te maak nie, jy kan ‘n verskil maak waar jy nou is. “Kyk wie God om jou gesit het en begin daar”.

Darlene Zshech is ‘n groot rolmodel vir Richelle, sy vertel met passie hoe Darlene se bediening baie keer wyse woorde vir aanbiddingsleiers het. In die proses besef sy dat hulle werk vir Jesus en en hom verteenwoordig.

Richelle maak haar hart oop en vertel dat sy al baie keer wou op gee op dinge in haar lewe soos om nie meer te sing nie. “Ek wou al baie opgee in my lewe, en nie meer sing nie. Want dit voel soos ‘n geveg. Maar ek weet dit is ‘n roeping wat die Here op my lewe gemaak het.” Richelle se familie ondersteun haar in haar Gospel pad, maar sy dink hulle verstaan dalk nie altyd die pad waarop die Here haar lei nie. “Almal se pad is nie dieselfde nie en my pad in die musiek bedryf is nie noodwendig maanskyn en rose nie. Maar soos ek se dis okay, en almal is nie bedoel om super bekend te wees nie.  God gebruik mens waar hy wil en waar hy ‘n nood sien soms het hy ook die klein sangers nodig om groot dinge te doen vir sy koningkryk.”

Richelle beaam dat sy sou definitief in die kunste gewees het as sy nie in die musiekbedryf was nie. Maar wat in die kunste sou sy graag wou doen? “Daar is so baie om aan te dink” antwoord sy.

Die toekoms is baie opwindend vir Richelle, tans werk sy aan die eindjaar produksie vir haar musiek skool. En volgende jaar kan ons nog nuwe musiek verwag van haar wat sy saam met Stass. “Hierdie jaar iets ander gebeur vir my in my musiek en bediening. Ek sien uit vir die nou en die hier wat gebeur. Ek geniet hierdie seisoen waar ek nou is.

Vul Die Huis Met U Glorie beloof om die luisteraar op ‘n pad van aanbidding te vat wat die siel sal vervul met vrede en bevrediging. Die liedjies sal beslis deel word van die aanbidding kanon van die Afrikaanse Christelike musiek.

Vul Die Huis Met U Glorie is beskikbaar op alle digitale platforms.

Richelle Grant Skakels:

Leave a Reply

error: Content is protected !!