Rohan Davis

Rohan Davis se nuutste enkelsnit, Soveel Keer (Spook) wys ‘n nuwe kant van hierdie Afrikaanse sanger. Davis vat die donker en seer wat die liedjie geïnspireer het en maak ‘n lied wat almal meer resoneer, dit is Davis se beste werk nog!

Davis vertel waaroor Soveel Keer (Spook) gaan. “Dit het gekom van vorige seer en donker tye in my lewe. Jy hou vas aan dinge maar jy weet diep binne jou dit sal nooit gebeur nie. Of dit nou n hartbreek is of iemand wat baie siek is. Jy hou vas aan die idee maar diep binne my het ek geweet ek moet laatgaan maar ek wil nie.”

“Ek het my ma verloor in 2016, die dokters het gese ons moet groet en ek wou net glad nie dit aanvaar nie, ek het vasgehou aan die idee dat sy beter sal word en dat alles beter sal wees, maar diep diep binne my het ek geweet” brei Davis uit.

Soveel Keer (Spook) het sy ontstaan vroeg in 2021 begin en is deur Davis en Marli Mulder wat beter bekend is as Sky Ocean geskryf. Die liedjie is deur Sean Butler vervaardig. Elke persoon wat die liedjie luister kan die styl maak soos wat hulle voel in die oomblik.

Davis het grootgeword in Pretoria, hy vertel dat sy grootste rolmodel is Elizma Theron. “Sy is die rede dat ek musiek love. Sy in 2009 vir my gesê hou net aan en moet nooit ophou nie, eendag sal jy die vrugte pluk. As ek musiek record dan dink ek elke keer wat sou Elizma anders doen.”

Sy liefde vir musiek kom al van kleins af, maar hy bieg dat hy nog altyd skaam was om iets daaraan te doen. Hy het altyd net lirieke geskryf, maar toe hy sy eerste opname gemaak het, het die gogga hom gebyt en nou kan hy nie ophou om musiek te maak nie.

Davis het in 2021 sy eerste enkelsnit Op My Dashboard vrygestel en vroeg in 2022 sy grootste treffer nog Ek Sien Myself vrygestel. Ek Sien Myself was ‘n R&B pop liedjie, Davis beskou homself as ‘n all-genre kunstenaar.

Davis het wel ‘n voltydse werk, maar dit keer hom nie om sy drome na te jaag en sy passie vir musiek uit te leef nie. Hy moet nog ‘n lewendige vertoning doen, maar alles in goeie tyd. Davis beklemtoon dat dit wat hy in die Afrikaanse musiek industrie wil doen, doen hy alreeds, hy wil hê Afrikaans moet vir almal wees en musiek genres maak wat almal na kan luister.

Soveel Keer (Spook) is beskikbaar op alle digitale platforms.

Sosiale Media:

Instagram – @rohan_davis

Facebook – @rohandavismusiek

TikTok – @rohandavis1 

Leave a Reply

error: Content is protected !!