Afri-Indie Onafhanklike Kunstenaartoekennings

Die 2022 Afri-Indie Onafhanklike Kunstenaartoekennings het hierdie jaar plaasgevind by die AfriForum Teater in Menlo Park, Pretoria. Die musiektoekennings wat bemark word as die Grammy’s van Suid-Afrika maar vir al die onafhanklike kunstenaars het verlede jaar se prysuitdeling verby gesteek as die beste Afri-Indie nog!

Irene-Louise Van Wyk het die Beste Vroulike Kunstenaar (Solo) gewen as ook ‘n Spesiale Meriete Toekenning gekry vir haar weghol treffer Tekkies Brand wat al meer as 14 weke No 1 was op Apple Music en meer as 6 miljoen ‘streams’ het.

SAARKIE het op hul Facebook blad geskryf na hulle al vier van hul nominasies gewen het: “Ons is so dankbaar ons het al 4 nominasies gewen. 17 jaar later na ons in die biologie klas besluit het ons wil musiek maak! 5 albums later… self betaal (dankie aan die sponsors oor die jare wat ook bydraes gemaak het).

Jennifer Zamudio het gesê: “Om ‘n independent kunstenaar te wees is nie ‘n disability nie, maar dis ‘n Advantage!”

Gert van Tonder het lewenslange bydrae toekenning tot die musiek bedryf saam met sy, self beskryfde jarelange kolegas Sonja Herholdt, Rina Hugo, en Johan van Rensburg ontvang.

Dirk van der Weshuizen het drie toekennings ontvang, Beste Dans Pop Album, Beste Dans Pop Enkelsnit, en Beste Dans Pop Lewendige Kunstenaar.

Die Heuwels Fantasties het as die beste musiekgroep gewen terwyl Joshua van die Reën die prys vir die beste man kunstenaar.

Rea Le Roux vertel dat die Afri-Indie toekennings daarin slaag om die sukses van die eerste geleentheid in 2021 voort te bou en uit te brei. “Ons toekenningsgeleentheid fokus op onafhanklike kunstenaars en wil erkenning gee aan die beste van die beste werk wat hier gedoen word”.  

Dit is veral met die lewenslange bydraes wat die Afri-Indie-musiektoekennings na aan Le Roux se hart lê: “DIt is vir ons ‘n manier om die groot geeste te vereet wat reeds meer as 40 jaar hard werk om Suid-Afrikaanse gehore te vermaak.”

Cheralee met Joshua na die Reën, Foto: Verskaf
Verhoog Foto:Verskaf
RAYNE Foto: Verskaf

Venetia Rose Foto:Verskaf
Dirk Van Der Westhuizen Foto: Verskaf

Sien die volledige lys hieronder:

  1. Lewenslange Bydrae:
  • Gert van Tonder
  • Johan van Rensburg
  • Rina Hugo
  • Sonja Herholdt
  1. Die Heuwels Fantasties
  • Beste Band (Best Overall Live Band)
  • Beste Album (Overall) “Volume”
  1. Joshua na die Reën
  • Beste Manlike Kunstenaar (Overall)
  • Beste Liedjieskrywer (Afrikaans)
  1. Straatligkinders
  • Beste Rock Groep (Manlik)
  • Beste Rock Musiek video
  1. Saarkie
  • Beste Rock Groep (Vroulik)
  • Beste Alternatiewe Album
  • Beste Alternatiewe Enkelsnit
  • Beste Rock Enkelsnit
  1. Spoegwolf
  • Beste Alternatiewe Band
  • Beste Alternatiewe Musiek Video
  1. Van Pletzen
  • Beste “Alternative Dance Pop Live Act’
  • Beste ‘Alternative Dance Pop” Musiek Video
  1. Mymymy
  • Beste ‘Alternative Synth Pop” Musiek Video
  1. Irene-Louise Van Wyk
  • Beste Vroulike Kunstenaar (Solo)
  • Spesiale Meriete Toekenning aan Irene-Louise van Wyk vir 6 miljoen ‘streams’ en Meeste No 1 “Chart Spots”
  1. Sone Joubert
  • Beste ‘Overall’ Enkelsnit
  • Beste Lewendige Solo Kunstenaar (Vroulik)
  1. Rudi Claase
  • Beste Volwasse Kontemporere Album
  • Beste Live Kunstenaar (Manlik)
  1. Dirk van Der Westhuizen
  • Beste Dans Pop Album
  • Beste Dans Pop Enkelsnit
  • Beste Dans Pop Lewendige Kunstenaar
  1. Jennifer Zamudio
  • Beste Vroulike Pop Album
  1. Pieter Rischmulller
  • Beste “Southern Rock” (Lewendige Kunstenaar)
  • Beste Southern Rock enkelsnit
  • Beste Southern Rock musiek video
  1. Vatvas Dansorkes
  • Beste Tradisionele Album (Boeremusiek)
  1. Armand Hofmeyr
  • Beste Pop ALBUM (Manlik)
  • Best Pop Enkelsnit (Manlik)
  1. Rayne
  • Beste Nuweling
  1. Dodo
  • Beste nuweling enkelsnit (Manlik)

 

 

 

Leave a Reply

error: Content is protected !!