Elandre - Kleindorp-dromer

Elandré het in 2017 die musiekbedryf betree met sy bekroonde debuut-album Kleindorp-Dromer en het met die intrap slag groot naam gemaak onder Afrikaners regoor die wêreld. Kleindorp-Dromer het binne slegs ses weke Goue Status behaal. Vele toekenning sou volg en in 2019 bereik dié album Platinum Status.

Elandré se bariton stem het ’n eensoortige, aangrypende diepte – terwyl hy ook met tye soomloos sy hoër register verken – moeiteloos gemeng met, rock, country, blues en hoekgedrewe-pop. Groot treffers op Kleindorp-Dromer sluit in Die Lyn, Tougher Than The Rest en ‘Your Man wat ouwêreldse country klanke herroep. Die album bevat ook gunstelinge soos Afrikaans Sal Bly, Plek Sonder Naam, Honderd Duisend Maal, Stilte Voor Die Storm en Skadu’s Teen My Muur.

Die lirieke vanuit sy pen getuig van ambisie en ’n waardering vir die tydlose. ‘Kleindorp-Dromer’ stel Elandré se musikale veelsydigheid ten toon en laat geen twyfel oor waarom hy bekend staan as een van Afrikaans se gunstelinge.

Geluk Elandré, met ‘Kleindorp-Dromer’ se 5 jaar herdenking!

Leave a Reply

error: Content is protected !!