Hierdie week op die Reputasie Top 40 Afrikaanse Trefferlys – 21 Augustus 2020

Bernice West is vir die 15de week No 1 met Sonop-Blom op die Reputasie Top 40, maar met Loufi se Boude wat opskuif na No 2 en met die veldtog om Boude No 1 te kry gaan Loufi dalk volgende week geskiedenis maak deur die tweede kunstenaar te wees wat die Reputasie Top 40 gaan top.

Verder in die Top 10, Die Hart van Bernice West skuif af na No 3 vanaf No 2. Doef Doef (feat. Katinka, Loufi, What The Faf & Wortel Kombat) van Synth Peter skuif een posisie op na No 4 vanaf No 5, dis ;n nuwe piek en is verseker gehelp deur die #DoefDoefChallenge op sosiale media. Nonna van Appel skuif twee posisie af na No 5 vanaf No 3. Vuur Op Die Water van Elandré behou sy posisie op No 6.

Wit Skoene van Loufi (feat Jayms) bereik sy hoogste piek op No 7 die week, Reputasie sal nog beslis ‘n in-diepte repliek skryf oor die opkoms van Loufi en die sukses wat sy loopbaan nou sien. Boerseun van Jan Bloukaas behou sy posisie op No 8, en Christia Visser se 17 Shots skuif twee posisies af na No 9. Boerepompie van Ricus Nel & Snotkop skuif een posisie op na No 10.
Volgende week verwag ons die volgende:

  • Riaan Benade kan dalk ‘n draai in die Top 40 maak met sy nuwe enkelsnit Gooi nog ‘n Whiskey.
  • Boude van Loufi kan No 1 slaan.

Leave a Reply

error: Content is protected !!