Gevoel van VeiligheidGevoel van Veiligheid

Gevoel van Veiligheid het pas hul nuwe enkelsnit, Druppels, en dié liedjie se musiekvideo vrygestel en het vertel dat dit hoofsaaklik handel oor die liefde – en hoe twee druppels mekaar in ’n reënstorm vind.

Druppels,  geskryf  deur  groepslid  Raymond  Horn,  is  ’n  liefdeslied  waarmee  baie  mense  sal  kan vereenselwig.

“Dit gaan oor ’n ou wat sy “druppel” gevind het. En hoe die kanse vir dit laag is – veral as mens dink aan ’n reënstorm en hoe twee druppels wat langs mekaar val, een word,” het hy vertel.

Volgens hom wou hy na hul vorige enkelsnit, Goedkoop Genade, wat ’n meer ernstige liedjie was, net ’n prettige liedjie vrystel. “Ons almal was al verlief en Druppels is ’n maklike liedjie om mee te vereenselwig,” het hy vertel. Die groep is dit dit eens dat almal sal kan saamsing – of jy nou verlief is en of jou hart nou net gebreek was.

“Van 2011 af probeer ons nog altyd musiek skryf wat vir ons sowel as die luisteraar iets kan beteken,” vertel Deon Roos, een van dié groep se stigterslede.

In die musiekvideo kan kykers sien hoe die hoofkarakter op soek is na sy druppel. Elke keer as hy ’n mooi meisie sien, probeer hy haar op ’n afspraak neem – net om later uit te vind sy is nie sy druppel nie. Dis is egter aan die einde waar hy sy druppel vind om die gelukkige einde te verseker. Daniel Rademeyer was ook hierdie keer verantwoordelik vir die vervaardiging van hul musiekvideo.

Kyk die musiekvideo hier:

Gevoel van Veiligheid het in 2010 – net as ’n kantlynprojek – as ’n twee stuk akoestiese punk/rock-groep in Pretoria ontstaan deur Roos – voorheen van Die Onbekende, en Horn – voorheen van Neontetra.

Druppels is dan ook die tiende musiekvideo wat deur dié groep vrygestel is én vir speeltyd op kykNET goedgekeur is.

Gevoel van Veiligheid skep ’n klank wat luisteraars se harte warm maak en wat kliphard tussen mense, jou vriende, familie en liefdes gespeel sal word.

Druppels is nou op alle digitale platforms.

Leave a Reply

error: Content is protected !!