David DivaadDavid Divaad

David Divaad het homself die afgelope tyd gevestig as ’n meester van die klassieke genre, en word deur sekere musiekliefhebbers beskou as die nuwe generasie se Gé Korsten.

Dié tenoor het onlangs sy splinternuwe enkelsnit Fall On Me uitgereik. Die snit het oorspronklik in 2018 op Andrea Bocelli se album verskyn. Resensente glo dat die liedjie een van sy musikale hoogtepunte was – veral omdat hy ook die vir die eerste keer sy stem by die van sy seun Matteo Bocelli gevoeg het.  Beide Bocelli’s kan met gemak tussen die G- en A-note beweeg en die pa-en-seunspan sing onderskeidelik in Engels en Italiaans.

Dit kan nie maklik vir enige sanger wees om die vokale omgang van die Bocelli-meesters weer te gee nie, maar David het daarin geslaag om dié snit – wat oorspronklik as duet uitgereik is – alleen te sing. Trouens, hy kan met gemak tussen die note rondbeweeg.

David se weergawe is nie net nog ’n herverpakking en -verwerking van die liedjie nie.  Hy slaag daarin om die liedjie op ’n oormoedige wyse sy eie te maak. Uniek, opreg, Suid-Afrikaans. Die Italiaanse woorde rol ook gemaklik oor sy tong.

Die Bocelli’s beskryf Fall On Me as ’n huldeblyk tussen ’n pa en seun. ’n Snit wat die verhouding tussen ’n pa en sy kind beskryf.

Dié verhouding word ook weerspieël in die koorgedeelte: “…Fall on me with open arms… fall on me from where you are…”

 Maar David heg ’n verskillende betekenis aan die snit.  “Ek het Fall On Me opgeneem omdat ek gevoel het dit is tyd om weer ’n verhouding met my eie musiekstem te bou. Ek is met ’n sangtalent gebore, maar was altyd te skaam (of dalk te bang) om sangprojekte aan te pak. Ek moes my sterk stem (my klassieke stem) vrylaat en dit gebruik soos dit bedoel was om te gebruik.”

Fall On Me is die eerste liedjie wat David (hy is ook ’n liriekskrywer) ge-cover het.  “Ek het gevoel dit is gepas om twee stemsoorte en singstyle in een opname te doen. Die resultaat is die sogenaamde popera cross-over.”

David het verlede jaar sy eerste enkelsnit My Land uitgereik en daarmee het hy een van die klassieke kunsprodukte in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf geword. Die snit was ’n prelude tot die hoogtepunte wat hy nog in staat is om te bereik.  David het nog nie op groot opera verhoë gesing nie,  maar hy het genoeg stem, persoonlikheid en die tenoorhunk-voorkoms om ’n een van die nuwe stemme in die klassieke wêreld te word.

Fall On Me is beskikbaar op alle digitale platforms.

Leave a Reply

error: Content is protected !!