Die Lewe Is Te Kort - DagbreekDie Lewe Is Te Kort - Dagbreek

Ná die fenominale sukses wat vroeër vanjaar bereik is met hul debuutenkelsnit, Die Lewe Is Te Kort, is Dagbreek terug met hul tweede enkelsnit, Droomland, wat pas vrygestel is.

Met dié liedjie, uit broer-en-suster-duo, Tammy van der Merwe en Wade Bezuidenhout se pen, nooi hulle die luisteraar om saam met hulle na droomland te gaan waar drome en wense uitgeleef kan word.

“Ons leef tans ons droom deur ons musiek uit. Ons kan dit vrystel, optree by feeste en ’n storie oordra aan luisteraars. Ons wil met Droomland aanklank vind by elkeen wat dit luister om ’n vergelyking te tref tussen ‘droom’ wanneer jy gaan slaap en om jou drome uit te leef. In droomland kan ons elkeen ons drome sien realiseer,” het Wade vertel.

Droomland moedig almal aan om na te dink oor hul drome. Of jy na jou geliefde verlang en of jy die wêreld wil toer, dis moontlik in Droomland,” het Tammy bygevoeg.

’n Musiekvideo word saam met die enkelsnit vrygestel en speel af by Klein Kaap Boutique Hotel.

Kyk die musiekvideo hier:

Dagbreek het die Afrikaanse musiekbedryf vroeër vanjaar getref met hul eerste enkelsnit, Die Lewe Is Te Kort, en het reuse sukses met die intrapslag behaal. Die Lewe is Te Kort het plek ingeneem op verskeie radiostasies se ranglyste en word oor radiogolwe landwyd gespeel. “Nog ’n hoogtepunt was om na twee jaar weer te kon optree – onder andere by groot feeste soos Proe’toria,” het Tammy gesê.

Alhoewel Droomland enige iets vir enige iemand kan beteken, wys ons in die musiekvideo dat ons nou óns drome uitleef en ek hoop ons elkeen net vir‘’n rukkie saam met ons op reis neem,” het hulle bygevoeg.

Droomland is nou beskikbaar op alle digitale platforms.

Leave a Reply

error: Content is protected !!