Bloumoord, die baanbreker Afrikaanse rockband van Boksburg stel vandag bekend hul nuutste enkelsnit, Jy Moet Net Jouself Wees van hul debuut album vry.

Jy Moet Net Jouself Wees is geskryf vir almal was sukkel om hul identiteit te vind in die omstandighede waarin hulle is. “Ons weet hoe belangrik dit is om jouself te wees, en ons het probeer om die boodskap deur te bring dat ons uniek is in ‘n wêreld waar almal onder druk geplaas word om dieselfde te wees.”

Jy Moet Net Jouself Wees is vervaardig en opgeneem in B Sharp Studios, gemeng deur Taylor Soundworks, en die Mastering is gedoen deur TL Mastering.

Van links: Brandon Jansen van Rensburg; Trevor Enslin; Tiaan Enslin; Marcelle van der Heever; Martin Enslin Foto: Verskaf

Bloumoord is in 2019 gestig en bestaan uit vyf lede, Tiaan Enslin (hoofsanger), Marcelle van der Heever (hoofkitaar), Trevor Enslin (baskitaar), Martin Enslin (dromme) en Brandon Jansen van Rensburg (ritme kitaar). Die band het hul eerste EP wat na hulself vernoem is opgeneem en vrygestel in Junie 2019.

Kyk die musiekvideo hier:

Jy Moet Net Jouself Wees is ‘n voorsmakie van wat kan verwag word van die rockband se debuut album. Van die aansteeklike ritme op die tromme tot Tiaan se unieke stem wat die inleiding begin met ‘n sterk whoa whoa whoa wat jou aandag trek, en die fantastiese baskitaar werk van Trevor en Marcelle se hoofkitaar run in die brug van die liedjie, elke sekonde van Jy Moet Net Jouself Wees is plesier en maak mens opgewonde van wat die toekoms in hou vir die rockbank. Bloumoord skuif die grense van Afrikaanse rockmusiek.

Jy Moet Net Jouself Wees is beskikbaar op alle digitale platforms.

Sosiale Media: Facebook | Instagram

Leave a Reply

error: Content is protected !!