Die drie musikantvriende van ARIOSE is terug met ‘n splinternuwe enkelsnit na die suksesvolle vrystelling van hul eerste enkelsnit, BLY JY HIER, verlede jaar.

Dit was lekker om met omroepers te kon gesels en meer oor onsself te deel en te hoor hoe hulle en hul luisteraars voel oor ons skepping,” sê Renier.

Jy, kom uit die pen van Xander Filmalter en is ’n eerlike liefdesbrief opgedra aan die een persoon wat jy nie kon bekoor nie en uiteindelik deur jou vingers laat glip het. Dit handel oor die stryd wanneer alles wat jy sê, verkeerd uitkom.

Dit gaan oor die emosies waardeur ‘n persoon moet veg en die roete om die uitkoms te aanvaar, of die proses om by aanvaarding te kom dat die persoon wat jy met jou hart en siel liefhet, nie jou gevoelens kan ontvang en teruggee nie. Afhangende in watter hoofstuk die luisteraar hulself nou vind in hul lewe, sal party mense dadelik met die tema kan identifiseer en ander dalk eers eendag, of dalk nooit,” vertel Xander.

Hierdie kontemporêre snit beskryf ‘n algemene onderwerp waarmee die meeste mense seker al mee moes deel.

Almal het al ‘n ‘crush’ op iemand gehad wat hulle nie raakgesien het nie,” meen Xander.

Die Afrikaanse groep bestaan uit Xander Filmalter, Renier Henning en Heidi Henning – ‘n passieprojek wat in Oktober 2020 gestig is om hoë gehalte musiek te skep. Die groep se naam, ARIOSE, beteken “’n melodie”.

Ariose se doel is om goeie Afrikaanse musiek te maak. Ons musiek word geskryf op ’n akoestiese kitaar en gedurende produksie sal ander elemente bygevoeg word soos elektriese kitaar of klavier. Maar die akoestiese kitaar bly die instrument waarom als gebou word,” sê Renier.

Die musiekvideo van die enkelsnit is, soos met hul vorige video, deur Xander en Renier self vervaardig.

Die persoon voel soms asof ‘n trok hulle getref het, asof hulle in ‘n emosionele oorlog is waardeur hul moet veg net om reguit te dink. In ander dele het ons probeer om eensaamheid of hulpelose gevoelens uit te beeld,” meen Xander.

In die video is hy soms mooi aangetrek en op ander dele, verslaan. Liefde het die vermoë om mens party dae te oorwin en nie als gaan altyd rooskleurig lyk nie. Ons wou dit uitbeeld in Xander se voorkoms. Ek dink die boodskap is dat mens nie te veel druk op jouself moet sit nie, maar net moet probeer positief bly en glo dat dinge sal beter raak selfs wanneer dit nie so lyk nie,” vertel Renier.

https://www.youtube.com/watch?v=7LisaJ8gNs8

Jy is beskikbaar op alle digitale platforms.

Sosiale Media: Facebook | Instagram

Leave a Reply

error: Content is protected !!